Dargle Fantasy Farmhouse
8 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- D666, Dargle Valley, Lions River, 3260, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Dargle Fantasy Farmhouse skuil in die hartjie van die Dargle-vallei en word deur inheemse woude omring. Die plaashuis is op 'n plaas van 50 hektaar geleë en bied 'n rustige wegbreek met asemrowende uitsigte oor die woud, riviere en op die berge.
Dié plaashuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 koningingrootte-beddens. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad en gaste in die ander slaapkamers deel 2 badkamers wat onderskeidelik 'n bad en 'n stort het.
Die plaasstyl-kombuis is met 'n yskas, gasstoof, oond en mikrogolf toegerus. Dit lei na 'n ruim leefarea met 'n etenstafel, knus sitarea en 'n boekrak vol boeke. Daar is 'n tweede sitarea met genoeg sitplek en 'n kaggel.
Die plaashuis het onderdakstoepe aan alle kante, 'n eksklusiewe glaskonservatorium, binnehowe, 'n dam, piekniekplekke en vetplanttuine wat oor 3 dekades gekweek is. Gaste het toegang tot WiFi en Netflix. Daar word van 'n kragopwekker gebruik gemaak om kragonderbrekings te vermy.
Ligging
- D666, Dargle Valley, Lions River, 3260, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
D666, Dargle Valley, Lions River, 3260, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang