Pick your preferred language

English

Afrikaans

+69
Selfsorg in Waterberg

Elements Golf Reserve 109

14 gaste

6 slaapkamers

8 beds

6 badkamers

  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Elements Golf Reserve 109 is 'n eksklusiewe selfsorghuis vir 10 tot 12 mense in die pragtige Elements Private Golf Reserve en is ongeveer 20 km vanaf Bela-Bela. Hierdie gholfbaan is 13de in Suid-Afrika en die beste in Limpopo.

Hierdie ruim en luukse huis is 'n ideale wegbreek in die bos vir n unieke natuurbelewenis naby die vyfde putjie op die gholfbaan en bestaan uit 6 slaapkamers (5 privaat) en 6 badkamers met baddens en/of storte. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, sowel as 'n buitestort in 'n privaat tuin. Die kamer het 'n privaat patio waar gaste hul oggendkoffie kan geniet en na die voëlgesang kan luister. Die hoofslaapkamer is geskik vir gesinne met jong kinders. 'n Bykomende kamer met 2 hotel standaard enkelbeddens( ook geskik vir volwassenes) is aangrensend. Daar is ook 'n slaapbank geskik v klein kinders in die hoofslaapkamer.

Vier van die kamers het elk 'n koninggrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en/of buitestort. Een slaapkamer met 'n koningingrootte bed het ook 'n aangrensende badkamer. Twee van die kamers is apart van die hoofhuis met 'n privaat ingang. Elke kamer het 'n plafonwaaier en 'n lessenaar.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, dubbeloond, lugbraaier, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe, en maaltye kan by die groot soliede hout-eetkamertafel geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar. Die sitkamer het 'n pooltafel, 'n slim-TV, WiFi en Netflix, en 'n lugversorger. Gasbraaigeriewe is binne beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n ruim dek met 'n ingeboude pvc bedekte swembad en 'n groot eetkamertafel. Die boma is ideaal vir 'n groot bosveldvuur en om tyd saam met vriende en familie deur te bring. Daar is 'n pizza-oond en gaste kan afkoel in die swembad wat 'n uitsig oor die privaat watergat het. Gaste moet asseblief hul eie brandhout en swemhanddoeke saambring, maar kan hout vooraf bestel by n verskaffer. 'n Skoonmaakdiens kan teen 'n daaglikse fooi gereël word.

'n Sonkragstelsel verseker 'n stresvrye verblyf, tydens beurtkrag.

Wild loop vrylik rond op die landgoed, en gaste kan deelneem aan verskeie aktiwiteite, wat wissel van tennis, padel, gholf, bergfietsry, voëlkyk en wildbesigtiging. Die klubhuis huisves 'n kroeg en restaurant vir etes en funksies, en spyseniering kan vir spesiale geleenthede gereël word.

Wildritte by Mabalingwe en Phumula kan ook gereël word, sowel as spa-behandelings en die dienste van 'n privaat sjef by die huis. Die restaurant/klubhuis bied etes gedurende kantoorure aan.
Die dienste van n privaat Chef is ook beskikbaar.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lauren M
5.0
Perfekte wegbreek vir kinders en 'n groep vriende. Huis en fasiliteite is amazing! Ons sal vir seker weer terug wees!
Des 2025
Juan-marie T
5.0
Very pleasant. Lovely, beautiful and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Leni V
Saam met lewensmaat
5.0
Well done. Extremely beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Francois R
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties, luuks, ruim, beste ervaring! Ons het ons tyd vreeslik baie geniet, of dit in die huis, op die stoep, om die boma of buite in die natuur wa...
Sien meer
Apr 2025
Dewald F
Saam met vriende
5.0
Ontspanning, golf, saam beste mense. Verskriklik lekker, sal definitief weer wil gaan en langer bly!
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elanie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 59

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Elements Golf Reserve 109 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 9 000
per nag (plek vir 14)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 9 000
per nag (plek vir 14)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 9 000
per nag (plek vir 14)
Bespreek

Off the D180, Elements Private Golf Reserve 109, Bela-Bela, 0480, Limpopo

Sien kaart
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ba1a7296f987e73e2363b2d907adeb529789406a892adfd1a86600525306af03a5e78484bd34a62a61448df1543e3988dc8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 000 per nag (plek vir 14) 34 5 1 5 Off the D180 Elements Private Golf Reserve 109 0480 Limpopo 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -24.784376541469 28.12473574274
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang