+42
  • Slaapplek vir 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo Sien kaart

Beskrywing

Fraai Maraai is 'n gastehuis in Groblersdal wat gemaklike akkommodasie bied, ideaal vir sakereisigers of individue wat oornagverblyf soek.

Die gastehuis het twee aparte eenhede wat individueel bespreek kan word.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, veilige parkering, 'n braai-area en 'n swembad.

Fraai Maraai 1 is 'n knus slaapkamer met 2 driekwartbeddens. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n TV in die slaapkamer met Netflix en Showmax, sowel as 'n lugversorger. Die kombuis is toegerus met 'n vrieskas, mikrogolfoond en koffiemaakgeriewe. Linne en handdoeke word voorsien.

Fraai Maraai 2 is lekker ruim en bied slaapplek vir 3 mense. Die kamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n TV in die slaapkamer met Netflix en Showmax, asook 'n waaier. Die kombuis is toegerus met 'n vrieskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Linne en handdoeke word voorsien.

'n Bababedjie is ook op aanvraag beskikbaar. Gaste het toegang tot WiFi, veilige parkering, braai-area en die swembad.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sanrie D
Gesin met tieners
5.0
Huisie weg van die huis. Pragtige, gerieflike huisie met alles wat nodig is!
Apr 2026
Sanet C
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste! Sal beslis weer by Fraai Meraai oorslaap!
Apr 2026
Marike G
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het baie lekker hier gebly en sal weer hier oornag. Heerlike oornagverblyf.
Mrt 2026
Lena V
Besigheidsreis
5.0
Gerieflik, oulik, waarde vir geld. Fraai Maraai is 'n baie oulike plek. Heerlik gebly.
Mrt 2026
Kayla R
Saam met lewensmaat
5.0
Nie vir 'n oomblik spyt nie. Wat 'n fantastiese ervaring! Van die oomblik wat ons aangekom het, het ons tuis gevoel. Die plek is modern, skoon en so m...
Sien meer
Nov 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Gaste dink Fraai Maraai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

34 Haarhoff street, Groblersdal, 0470, Limpopo

Sien kaart
  • Slaapplek vir 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb11e97acf36a020d5fe5b3d75cb333caea5abbacbd5c6efd3f9cda0372a3a33e532843302cb135d31cbdd03d3e0cfc36ecde?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 34 Haarhoff street Groblersdal 0470 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.174147819463 29.391299507064
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang