+46

Gannabos Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R390, Farm Badsfountain, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 440 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gannabos Guest House is op 'n wildplaas sowat 12 km buite Venterstad geleë.

Dié gastehuis bied 2 selfsorgeenhede wat slaapplek aan 6 tot 8 gaste bied. Die eenhede het dubbel-, enkel- en stapelbeddens. Elke eenheid het 2 privaat badkamers met 'n bad en stort, asook 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolf, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is nog ‘n eenheid met 4 enkelbeddens en ‘n badkamer met 'n stort. Die eenheid is nie ‘n selfsorgeenheid nie.

Die gastehuis het 'n gemeenskaplike leefarea wat beskik oor 'n TV met DStv en WiFi-toegang. Die leefarea het ook 'n eetarea en 'n knus kaggel.

Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar en gaste kan op warm dae in die dam swem. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie, weens wild wat tot naby jou voorstoep loop.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anja M
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n lekker kuier! Wat 'n ongelooflike juweel in die middel van nêrens. Erik is 'n wonderlike gasheer, en die lekkerste was die koue bier toe ons da...
Sien meer
Nov 2025
Pieter & Marinda P
Saam met lewensmaat
5.0
Van etes tot slaap tot geselskap was gesellig. En Erik is 'n uitstekende gasheer.
Des 2024
Mandy D
Saam met lewensmaat
5.0
Calm, neat, clean, strong WiFi. Erik is an amazing host. Yummy breakfast was included. Calm, neat, clean, strong WiFi. Erik is an amazi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Leonie S
5.0
Karoo, rustig stil, pragtige omgewing en lekker eet! Ons was heel verras met die juweel plekkie in die Karoo. Pragtige uitsig, en het die stilte waard...
Sien meer
Mrt 2024
Nico W
Gesin met klein kinders
4.6
Pragtige en rustige omgewing. Baie lekker gebly. Erik is 'n baie goeie en vriendelike bestuurder.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Erik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Off R390, Farm Badsfountain, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
  • Gaste dink Gannabos Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 440
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 440
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 440
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R390, Farm Badsfountain, Venterstad, 9798, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDExZTgwZjI5LWFkNDEtNDNkMS1hNTFlLTFiNTg5ZDEzOWJmOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 440 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 Off R390 Farm Badsfountain 9798 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.885216 25.777303
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang