Jangroentjie
6 gaste
3 slaapkamers
4 beddens
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 24 4th Street, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Welkom by Jangroentjie, 'n lekkebly tuiste in die immergewilde Voëlklip, Hermanus. Hierdie selfsorg-eiendom is ideaal vir families en vriende wat 'n see-wegbreek langs die suidelike kuslyn soek. Hermanus bied iets vir almal. Van die natuur tot lieflike kafees en eetplekke. Bergstaproete, bergfietspaaie, swemstrande en inkopie ervarings vir elke smaak.
Die huis bied ruim slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, ‘n werkskamer en 2,5 badkamers: Slaapkamer 1 is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl slaapkamer 2 met 'n dubbelbed spog. Die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ook n losstaande bad by slaapkamer 1. Slaapkamer 3 bied 2 enkelbeddens en het ‘n aparte badkamer met ‘n bad, stort, wasbak en toilet. ‘n Gaste-toilet is ook beskikbaar met 'n wasbak en toilet. Vars linne word voorsien asook badhanddoeke. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis met stoof, oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiegeriewe sluit 'n opwaskamer in wat toegerus is met ‘n skottelgoedwasmasjien, wasmasjien, droeër en diepvries. Eetgerei en breekware word voorsien asook ‘n mikrogolf, broodrooster en lugbraaier. Daar is n Nespresso koffiemasjien, plunger en elektriese ketel.
Die oopplan sitkamer bied gemaklike sitplek en 'n slim TV, met 'n eetkamertafel vir 6. 'n Bykomende kamer is ook beskikbaar as 'n werkstasie.
Deur skuifdeure kan gaste na die tuin stap en 'n buitebraai of vuurput geniet. Tafel en stoele vir 6 maak buitelugetes maklik en groot pret.
Die sentrale ligging bied maklike toegang tot nabygeleë bergstaproetes, strande, restaurante en winkelsentrums. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Aletti Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 47
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 24 4th Street, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
24 4th Street, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang