Beste Alex
Ek neem kennis van jou taksering en mening en is jammer dat jy so voel.
Ek stel egter graag die volgende feite:
1. Ek het met jou aankoms verduidelik dat ons van boorgatwater gebruikmaak wat vanuit 'n tenk met 'n drukpomp na die huis toe gepomp word en dat die gasgeyser nie kan funksioneer tydens beurtkrag nie.
2. Tydens jou verblyf van 3 dae was daar net die eerste aand tussen 20.00 en 22.30 en die daaropvolgende oggende tussen 4.00-5.00 tydens beurtkrag nie warm water nie.
3. Aangesien die tenk op 'n 5m hoë stellasie staan was daar weens die werking van gravitasie egter ALTYD water beskikbaar gewees.
4. Alhoewel ek jou telkens gevra het of dinge regloop tydens jou verblyf het jy nooit enige aanduiding gegee dat jy 'n ongemaklikheid beleef nie, maar het jy gekies om die volle tyd te bly.
5. Dit is so dat ons nie van 'n kragopwekker gebruikmaak nie vir die 1-2,5 ure van beurtkrag nie aangesien dit die koste van die verblyf sou verhoog.
6. Ek merk dat jou gradering drasties verskil van ons vorige takerings, maar dat daar niks intussen verander het nie.
7. Ek staan egter nie onverskillig teenoor jou taksering nie, maar sal dink hoe ek jou terugvoer verder kan verreken.
Vriendelike groete
Tiaan Kirsten.