+60

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Ilse B
Lang verblyf
5.0
Mrt 2026

Fantasties - die huis - die diere - dit was net wonderlik. Ons was as gesin daar - my pa (93) en ma (80) en ons 4 kinders waarvan nog net my broer getroud is. Die 3 sussies is almal weduwees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Peter B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2026

Baie skoon en netjies, alles wat mense wil hê is daar! Dit was baie lekker, kamers is netjies, groot, skoon, die stoep is 'n baie lekker plek om te kuier. Waarde vir jou geld!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Beste Peter Baie dankie vir julle kuier by Kuthule. Julle was uitstekende gaste en ons hoop om julle gou weer te sien. Groete Jackie

Nadia P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2026

Awesome verbly! Hoe lekker was dit nie om in 'n huis te bly wat net soos die foto's is nie, net beter! Die stilte van die bos, die diere wat by die huis kom eet, die samesyn saam met vriende was net heerlik. Ons beveel beslis hierdie huis aan om in te gaan ontspan. Beter gaan jy nie sommer in Leeupoort vakansiedorp kry nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Beste Nadia Baie dankie vir jou mooi resensie. Julle was uitstekende gaste. Glo om julle gou weer te sien. Groete Jackie

Magdaleen C
Kort verblyf
5.0
Jan 2026

Khutule. Wat ’n aangename verrassing! Van die oomblik dat ons by Khutule aangekom het en vriendelik deur Jackie ontvang is, tot en met ons vertrek, was dit net ’n plesier. Waarlik “Khutule” — stilte om ons. Die verblyf is puik en netjies, met alles wat ’n mens nodig het om behoorlik te ontspan en die natuur te beleef. Ons het sommer al die boksoorte reg op ons voorstoep gehad! Julle sien ons beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Beste Magda Baie dankie vir julle kuier by Kuthule. Julle was uitstekende gaste. Glo om julle gou weer te sien. Groete, Jackie

Olga C
Kort verblyf
5.0
Jan 2026

Heerlike wegbreek wat 100% aanbeveel word. Sal definitief weer bespreek. Pragtige verblyf. Goeie ligging. Vriendelike diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Beste Olga Baie dankie vir julle kuier by Kuthule. Julle was uitstekende gaste en hoop om julle gou weer te sien. Groete Jackie

Samantha G
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2026

Die wonder van die natuur vanuit die gerieflikste uitkykpunt! Wat 'n ongelooflike paar dae in die bos. Die diere wat ons baie bederf het met hulle konstante teenwoordigheid, ons kon hulle darem bedank en bederf met lekker boskos en 'n verskeidenheid vars groente. Selfs in die aand het ons die muskeljaatkat gehad wat kom kuier. Die hoogtepunt was egter vir seker die ystervark wat ook saans kom groet en peusel het. Die pad Leeupoort toe is tans onder konstruksie so daar is etlike Stop & Go's vanaf Warmbad/Bela Bela se kant (ongeveer 5, waar die wagtyd omtrent 15 min by elk is). Dit voeg ongelukkig baie tyd by, maar natuurlik is dit nie Kuthule se skuld. Ten spyte van die ekstra tyd in die kar, was die aankoms by Kuthule werklik die wag werd. 'n Pragtige huis, wow! Ons het sommer dadelik tuis en gemaklik gevoel. Die huis was baie netjies en skoon en het regtig alles wat mens nodig het (behalwe dalk 'n Airfryer). Jackie was 'n fantastiese gasheer en sy was so geduldig met my wat al weke voor ons besoek gereeld vrae gehad het; sy het altyd geantwoord. Ek sal vir seker weer wil teruggaan en sal dit beslis aanbeveel as jy die bos en die interaksie met die diere geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sam J
Kort verblyf
4.8
Jan 2026

Beste verblyf in Leeupoort. Ons het al op 'n paar plekke in Leeupoort gebly. Kuthule staan vir seker bo almal uit. Die swembad en geriewe is topklas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Rene
Kuthule
Beste Sam Baie dankie vir julle kuier by Kuthule. Julle was puik gaste. Glo om julle gou weer te sien. Groete Jackie

Sonja S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2025

Uitstekende plek met alles wat jy nodig het. Heerlik gekuier. Heerlik, heerlik, heerlik. Plek was skoon, netjies en gerieflik. Van wasmasjien tot skottelgoedwasser. Gasvrou uitstekend en goed georganiseer. Plek is pragtig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charne W
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2025

Ontspannend rustig lewensbelewenis. Vreeslik lekker gekuier, huis is baie netjies en baie goed ingerig. Selfs as dit reën is daar heelwat om te doen. Privaat swembad is 'n super pluspunt. Sal beslis weer terug wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Beste Charne Baie dankie vir julle kuier by Kuthule en jou mooi resensie. Baie bly julle het dit geniet. Julle was puik gaste en ons hoop om julle gou weer te sien. Groete Jackie

Fiona P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Nov 2025

Kuthule was a little piece of heaven on earth. Kuthule exceeded all our expectations and more. The house was large and comfortable, very neat, clean and tidy. Suitable for young and old. It was a total pleasure staying here, and will definitely book again and tell friends and family about Kuthule. Thank you, Jackie, for an awesome and memorable weekend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rene
Kuthule
Dear Fiona. Thank you so much for your wonderful review. You were excellent guests, and we are so glad that you enjoyed your stay with us. We hope to see you soon again.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek

18 Krokodil Weg, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0486, Limpopo

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAceb26cccdab91f6ecbdaa4819f48cb4de40bae446134cff25a37173865aa1b55bcfc219b2921add34bd68a4e34fa4e1dc034?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8) 24 5 1 5 18 Krokodil Weg Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.923690183793 27.648947561724

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang