Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lethabong Lodge

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Lodge-kamers
Basiese selfsorg met verhit-en-eetgeriewe. Die geriewe sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster in.
Luukse safaritente
Selfsorg
Kamp/Karavaanstaanplek
Kampeerplek
Gaste moet hulle eie toerusting saambring.
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

- Neem kennis dat daar 'n grondpad is wat na die instansie lei. Gaste moet by die instansie navraag oor die toestand van die grondpad doen, voor hulle bespreek.
- 'n Terugbetaalbare sleutel-/breekskadedeposito moet met inklok betaal word. Die deposito sal binne 7 dae na die uitklokdatum terugbetaal wordr. Anders kan gaste 'n uitgaande inspeksie die aand voor uitklok reël, sodat die sleuteldeposito tydens uitklok terugbetaal kan word.
- Geen motorfietse en/of ATV-vierwielmotorfietse word by die lodge toegelaat nie.
- Neem ander gaste in ag deur geraasvlakke so laag moontlik te hou.
- Daar moet stilte tussen 22:00 en 07:00 wees.
- Gedurende die middel van die week, tydens die stilseisoen, kan daar konferensies en/of skoolgroepe by die lodge wees.
- Geen troeteldiere word toegelaat nie, behalwe gidshonde vir blindes en siggestremdes.
- 'n Wasgoeddiens is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.
- Rook is verbode in die lodge-kamers en safaritente. Indien gaste wel rook, kan dit tot 'n boete lei.
- Die lodge-kamers, safaritente en die kampeerplekke word daagliks skoongemaak.
- Gaste moet hul eie swemhanddoeke en vadoeke saambring.
- Geen musiek van voertuie of privaat klankstelsels of -toerusting word toegelaat nie.

Kampeerplek:
- Gaste wat die kampgeriewe gebruik moet hulle eie aansluitproppe saambring.
- Die standaardgrootte van 'n staanplek is 15 m x 15 m.

Dagbesoekers:
- Maksimum 80 dagbesoekers word per dag by die lodge toegelaat.
- Dagbesoekers moet vooraf bespreek en aanlyn die volle bedrag betaal.
- Groepbesprekings vir dagbesoekers is tot 10 mense per groep beperk.
- Geen kos of drank van buite word toegelaat nie - die lodge bied al die nodige geriewe.

Waterpark:
- Die waterpark sal van 09:00 tot 18:00 oop wees.
- Gaste is welkom om kampstoele en strandsambrele saam te bring.
- Swemhanddoeke word nie voorsien nie, so gaste moet hul eie saambring
- Rugleunings is gratis en vir alle gaste op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis beskikbaar.
- Stoele is vir bejaardes en gestremdes op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis beskikbaar.
- Geen terugbetalings of afslag sal as gevolg van enige glybaan of watergeriewe wat buite werking is, toegeken word nie.
- Geen terugbetalings of afslag sal as gevolg van slegte weer toegeken word nie.
- Aangewese rookareas is beskikbaar, soos aangedui op die aanwysingsbord.
- Behoorlike swemklere moet te alle tye gedra word. Gaste mag dalk verhoed word om sommige van die watergeriewe te gebruik indien dit nie nagekom word nie.
- Alle besoekers by die glybane moet die lengte wees wat op die borde by elke glybaan aangedui word.
- Niemand mag 'n kind vergesel wat korter is as die aangeduide lengte soos op die borde by elke glybaan.
- Alle reëls van die waterpark en die instruksies van die lewensredder aan diens, moet te alle tye gehoorsaam word. Indien nie, kan gaste gevra word om die perseel onmiddellik te verlaat.

Wildritte:
- Gaste moet bly sit tydens wildritte, tensy die wildbewaarder toestemming gegee het om te beweeg.
- Gaste moet hul stemme stil hou tydens wildritte.
- Selfone moet tydens wildritte stil gehou word.
- Moenie probeer om wilde diere se aandag te trek nie.
- Tensy toestemming gegee word, moenie eet of drink terwyl die wildvoertuig ry nie.
- Gaste word toegelaat om foto's van diere te neem, maar die diere moet te alle tye gerespekteer word.
- Gehoorsaam te alle tye die instruksies van die wildbewaarders.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 154 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maritikloof-plaas, 380KQ Rooiberg, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfacf2885d1ee6b1c5ed6fcdb972e17e69031cc936bb35985b880a20a6bbe830658a4ef53e67b672ccc0adb216d4c3ff61284?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 Farm Maritikloof 380KQ Rooiberg 0380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.695689 27.503734
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem