- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 8 North Bend Lane, Dorchester Heights, East London, 5241, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Mac Kenzie's Accomodation is aan die oewer van die Nahoonrivier in die stil voorstad Dorchester Heights in Oos-Londen geleë. Ons is na aan die N2-hoofweg en net 'n paar minute van al die besienswaardighede in die omgewing af.
Verblyf word in 'n luukse kamer, selfsorgeenhede en 'n selfsorgkothuis aangebied. Die luukse kamer bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die selfsorgeenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank vir 2 kinders. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n sitarea en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof toegerus is.
Die selfsorgkothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n TV, Netflix, DStv en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond.
Die eiendom word deur die eienaar bestuur en Annetjie Mac Kenzie sal persoonlik na gaste se behoeftes omsien. 'n Heerlike kontinentale ontbyt word bedien op versoek in die ontbytkamer wat 'n uitsig oor die lieflike tuin en grasperk wat na die rivier lei bied, waar gaste volop voëllewe sal sien.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Annetjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 8 North Bend Lane, Dorchester Heights, East London, 5241, Oos-Kaap
- Gaste dink Mac Kenzie's Accommodation het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
8 North Bend Lane, Dorchester Heights, East London, 5241, Oos-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang