Pick your preferred language

English

Afrikaans

+64
  • 34 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 17 Andries Pretorius Street, Sonheuwel, Mbombela, 1201, Mpumalanga Sien kaart

Beskrywing

Malachite Rest se woonstelle bied gerieflike selfsorg-verblyf in Sonheuwel, Mbombela. Dit is ideaal vir gesinsvakansies, oornag- en naweekverblyf vir gaste wat na of van Mosambiek of die Krugerwildtuin reis. Hierdie woonstelle bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste per woonstel. Gaste kan tussen 11 woonstelle kies.

Elke woonstel het 'n Android-TV met My Family Cinema, Netflix, Showmax, en ander programme waarmee gaste met hul eie profiele kan aanmeld. Die woonstelle wat slaapplek aan 2 gaste bied, het 'n oopplan-uitleg, 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe toegerus is en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Die woonstelle wat slaapplek aan 4 gaste bied, beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak deel. Die oopplan-kombuis is met 'n yskassie, mikrogolfoond, oond, stoof en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.

Hierdie eiendom het braaigeriewe en piekniekbankies vir gaste wat graag 'n vuur wil aansteek terwyl hulle na die stroom luister en afskakel. Gratis WiFi en veilige onderdakparkeerplek vir een voertuig per woonstel is op die perseel beskikbaar. Die eiendom het kameratoesig en gewapende reaksie vir ekstra sekuriteit.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Thabang M
5.0
My stay was really enjoyable at Malachite Rest. I really enjoyed it and it was the best accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Lee-ann C
Saam met vriende
4.8
Clean. Cozy. Conveniently located. We enjoyed our stay. Although, it would be great if extra heating of sorts could be added (e.g. extr...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Luan L
4.2
Goeie en veilige ligging, maar die matras bring dit vir my na 1-ster. Die ligging van Malachite Rest is baie goed, stapafstand vir Innibos. Die komple...
Sien meer
Jul 2025
Michelle T
Saam met vriende
4.2
Skoon met goeie kliente diens. Die woonstel is skoon en netjies en die kliente diens is baie goed. Die beddens is skoon, maar kort 'n addisionele kuss...
Sien meer
Mei 2025
Melanie G
Gesin met klein kinders
4.0
Netjies. Was netjies, en ons het lekker gebly daar vir die langnaweek.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Anneke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 17 Andries Pretorius Street, Sonheuwel, Mbombela, 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink Malachite Rest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 799
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 799
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 799
per nag (plek vir 2)
Bespreek

17 Andries Pretorius Street, Sonheuwel, Mbombela, 1201, Mpumalanga

Sien kaart
  • 34 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAebcb684c3acd0c8d294e3bb34fc190146a8c45626a1b0694d0829c48bd69a62bcf67a6a963dc6fca6af8de61378e6c491d2c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R799 per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 17 Andries Pretorius Street Sonheuwel 1201 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -25.481738 30.973942
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang