16 gaste
5 slaapkamers
8 beds
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Kamberg Road, Kamberg, 3300, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Meshlynn Farm House is 'n knus en ruim selfsorgvakansiehuis op 'n plaas in die hartjie van die Kambergvallei. Die wye oop ruimtes, vars lug en damme vir visvang maak dit die ideale opsie vir 'n groot gesinsvakansie of 'n groep vriende wat van die gewoel van die stadslewe wil ontsnap.
Dié eiendom bied slaapplek aan 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 5 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n skakelslaapkamer met 'n stapelbed vir kinders. Dié slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 3 stowe en oonde, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die huis het ook 2 eetareas en 'n ruim sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV.
Die voorkant van die huis het 'n lang onderdakstoep met buitesitplek en 'n uitsig oor die plaas. Braaigeriewe en veilige onderdakparkeerplek word op die perseel voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Jimei Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 24
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kamberg Road, Kamberg, 3300, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Meshlynn Farm House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Kamberg Road, Kamberg, 3300, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang