- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 325 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Venetia Mine Road, Farm Mirrior, Musina, 0900, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Mirrior Safaris is op 'n plaas wes van Musina, naby aan Venetia myn geleë en bied rustige selfsorgverblyf aan gesinne en vriende wat op soek is na 'n bosveld-ervaring. Die plaas beskik oor 2 lodges wat elkeen 'n rits gerieflike eenhede vir paartjies of klein groepe het. 'n Kampeerterrein is ook beskikbaar teen spesiale tarief.
Kremetart Lodge beskik oor 12 eenhede waarvan 11 dubbelbeddens of 2 driekwart beddens en 1eenheid met 'n driekwartbed het. Elke eenheid beskik oor en suite-badkamer met 'n stort & WC, asook 'n ingerigde kombuisie met selfsorggeriewe. Die lodge is gebou om 'n pragtige groot Kremetart boom. Alle kamers het lugversorging en TV. Lodge het eie WIFI asook boma vir lekker om die vuur kuiers, swembad, saal vir onthaal of konferensies met toegerusde kombuis, en waskamer. Lapa kroeg is ook beskikbaar. Lodge is omhein en in stap afstand van klein dammetjie. Beddegoed en badhandoeke word voorsien. Daaglikse skoonmaak is ingesluit in die tarief. Wasgoed kan gedoen word op versoek teen vaste koste per kg. Voorsien asb net eie swemhandoeke. Geen rook in kamers, badkamers en saal toegelaat
Foxhole Lodge beskik oor 4 eenhede waarvan 2 dubbelbeddens en die ander 2 2x driekwartbeddens het. Soos die Kremetart Lodge beskik elke eenheid in Foxhole ook oor 'n en suite-badkamer met 'n stort & WC, toegerusde kombuisie met selfsorggeriewe. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. WiFi is beskikbaar. Daaglikse skoonmaak van alle eenhede is ingesluit in tarief. Wasgoed kan gedien word op versoek teen vaste koste per kg. Voorsien asb eie swemhandoek. Foxhole is gelee op die wal van die Kongo loop. By Foxhole is 'n swembad en boma.
Die plaas bied ook visvangdamme, voëlkyk, bergfietsroetes en die geleentheid om daguitstappies na nabygeleë nasionale parke en wildreservate te onderneem. Dié aktiwiteite maak Mirrior Safaris 'n ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die stad wil ontsnap en die bosveld se natuurskoon wil ervaar.Verskeie wildsbok soorte is op die plaas en dit 'n paradys vir voel kykers. Een van die min wilde groepe bromvoels buite die KNP broei op die plaas. Vir kamera entoesiaste bied die plaas verskeie geleenthede vir besonderse fotos. Neem kennis dat Mirrior Safaris is 'n werkende plaas waaraan gaste kan deelneem op versoek. Spesiale tariewe kan beding word vir myn kontrakteurs, veral vir langtermyn groeps verblyf.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Venetia Mine Road, Farm Mirrior, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink Mirrior Safaris het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Venetia Mine Road, Farm Mirrior, Musina, 0900, Limpopo
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 325 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang