Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R900.00 per bespreking
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
- Die breekskadedeposito sal binne 7 besigheidsdae na die uitklokdatum terugbetaal word indien daar geen skade is nie en die woonstel in dieselfde toestand waarin dit gevind is, gelaat is.
- Rapporteer asb. enige teenstrydighede of skade in die eenheid binne 12 werksure by die kantoor.
- Rook word nie in die eenheid toegelaat nie. Indien gaste nie buite rook nie sal hulle die breekskadedeposito verloor om te betaal vir die skoonmaak van gordyne, matte en meubels.
- Indien daar meer gaste as wat vermeld is in die bespreking, of meer as 6 gaste in die eenheid is sal gaste die breekskadedeposito verloor.
- Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
- Die eenheid het 'n TV met die volle DStv-pakket en gaste hoef nie hulle eie dekodeerder saam te bring nie.
- Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
- 'n Gratis rol toiletpapier en seep word voorsien, maar moet self deur gaste aangevul word aangesien dit 'n selfsorg-eenheid is. Onthou om skottelgoedseep en ander skoonmaakmiddels saam te bring.
- 'n Skoonmaakdiens kan gereël word en dit is beskikbaar tussen 8:30 en 14:30, maar nie oor naweke of op openbare vakansiedae nie. Dit moet asb. 48 uur voor die tyd bespreek en betaal word. Moet asb. nie die skoonmaker direk betaal nie. Neem asb. kennis dat die diens onderhewig is aan beskikbaarheid, veral tydens spitsseisoen.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Bidstone Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang