6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Corner of Bidston Road and Strachan Street, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Ramsgate Palms 70 is op die tweede verdieping van 'n eksklusiewe woonstelblok teen Ramsgate se Blouvlagstrand geleë. Dié woonstelblok word goed onderhou en is omring deur welige tropiese plante.
Ramsgate Palms 70 het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer wat oor 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak beskik.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n stoof en 'n oond, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring om die DStv te kan geniet.
Daar is asemrowende see-uitsigte vanaf 2 van die slaapkamers, die leefarea en die kombuis.
Die balkon beskik oor 'n houtskoolbraaier en daar is pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, onderdak-parkeerplek en wasgoed-geriewe.
Internasionale Blouvlag-status word toegeken aan uitsonderlike skoon, omgewingsvriendelike strande, met ewe skoon seewater en ablusiegeriewe. Dié strande moet ook altyd lewensredders aan diens hê en daar moet parkeerplek en eetplekkies naby wees.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ettienne Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 48
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Corner of Bidston Road and Strachan Street, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ramsgate Palms 70 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Corner of Bidston Road and Strachan Street, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang