Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 3002

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel, hef die instansie ook 'n eenmalige R550 administrasiefooi per bespreking.

Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedings!

Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedings wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *

Winteraanbod

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.

Op die Nippertjie-aanbod

Kry 20% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Weeksdagaanbod

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 14 Feb 2024 tot 30 Nov 2024.

Langtermynverblyf-aanbod

Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.

Prys sluit in
Selfsorg
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Belangrike reëlings:
Die eenheid het slaapplek vir 'n maksimum van 6 gaste, soos uiteengesit in die landgoed se reëls.

Ekstra fooie wat nie in die kwotasie ingesluit is nie word apart gehef:

Ingangsfooie vir 2 voertuie is by die tarief ingesluit.
Ekstra voertuie kos R100 per voertuig.

Linne word voorsien en word slegs vervang vir verblyf langer as 5 dae.
Badhanddoeke word voorsien en elke Maandag, Woensdag en Vrydag vervang.
Ekstra linne en handdoeke kan teen 'n ekstra fooi gereël word.
Gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.
Rook is verbode in die eenheid.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Skoonmaakdiens:
Buite seisoen: Beperk tot slegs Maandag, Woensdag en Vrydag. Indien gaste addisionele dae benodig, moet ons daarvan ingelig word, aangesien dit teen 'n ekstra fooi gereël kan word.
In die middel- en spitsseisoen of langnaweke en skoolvakansies, word die eenhede elke dag skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Landgoed-huisreëls:
Deur hierdie eenheid te bespreek, aanvaar gaste die bepalings en voorwaardes, sowel as die huisreëls van die landgoed wat besoek word.
Motorfietse word nie op die landgoed toegelaat nie en daar moet vooraf gereël word om die motorfietse op die landgoed te parkeer.
Al die besprekings in Desember en Januarie moet 'n maand voor die inklokdatum betaal word.
Geen betalings kan by die landgoed gemaak word nie en dit moet voor die inklokdatum betaal word.

Jy word nie toegelaat om die eenheid te onderverhuur nie. Die sleutels mag slegs uitgeteken word aan di egas met die van wat by die agent bevestig het.


Suid-Afrika ervaar tans deurentyds beurtkrag in alleareas insluitend die Suidkus. In die verlede het San Lameer tye ervaar waartydens die Eskom-brekers in Marina Beach afgeskop het en dus die landgoed sonder krag gelaat het vir 'n dag. Hierdie gebeure kan nie beplan word nie en is buite die landgoed se bestuur se beheer. Kom asb. voorbereid.
Strande word weekliks getoets vir veiligheid om te swem en dus kan die bestuurders nie waarborg dat die strande oop sal wees vir gaste om te swem nie.
Die UGU Munisipaliteit ervaar seisoenale probleme met die watertoevoer in die Suidkus wat gaste se verblyf kan beïnvloed. Alhoewel San Lameer boorgate en reserwetenks het, is die landgoed steeds afhanklik van die watertoevoer van die munisipaliteit.
Dit is belangrik om te verstaan dat die bestuurder nie die watertoevoer kan beheer of bepaal nie, maar sal wel gaste in kennis stel indien daar 'n verwagte probleem is.
Ongelukkig is terugbetalings in sulke gevalle nie moontlik nie en gaste moet asb. dit opneem met die voorsiener van die relevante diens, of andersins eerder nie die eenheid bespreek nie.

Alle besprekings is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Top Destinations.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 5%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R2 100
R2 100 R1 575
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 100
R2 100 R1 575
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 100
R2 100 R1 575
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61, San Lameer, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11d0ba0a2a08102f0223f260bcfe29914f2e687e08b065ba2ba2963f5f26fa278f86e0561dd24b31b1c030da417bdc8cb866?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 100 nouVanaf R1 575 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 R61 San Lameer 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.946 30.299111
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem