Pick your preferred language

English

Afrikaans

+88
Selfsorg in Ballito

The Floridian

  • 29 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 87 Leonora Drive, Ballito, 4418, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

The Floridian is in Ballito, KwaZulu-Natal, geleë. Ballito se hoofstrand is net 700 meter vanaf die verblyf vir diegene wat graag na die strand wil stap om te gaan swem.

Verblyf word in 3 eenhede gebied.

The Floridian bied slaapplek aan 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers wat elkeen uniek gemeubileer is. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 1 enkelslaapbank, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir 2 kinders, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir 2 kinders en daar is 'n dubbelslaapbank, 'n stapelbed en 'n tripelstapelbed vir 3 kinders in die vierde slaapkamer. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping en die badkamers het almal stortgeriewe.

Daar is ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof. Die eenheid het uitsigte oor die swembad en die tuin. Die huis beskik ook oor 'n oopplan-leefarea, 'n eetarea en 'n TV-area.

Die Mini Floridian bied slaapplek aan 2 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed vir 3 kinders. Ander geriewe in die kamer sluit 'n klein kombuisie met 'n yskas en 'n mikrogolf in. Gaste kan ook in die sitarea ontspan.

Die Miami is 'n losstaande eenheid wat oor 2 slaapkamers beskik. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed vir 2 kinders. Daar is 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit beskik ook oor 'n privaat stoep met 'n ontbythoekie.

Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek en wasgoeddienste in. Verder is 'n kinderoppasser ook beskikbaar indien daar vooraf gereël word. Gaste is ook welkom om van die doendinge op die perseel gebruik te maak wat swem insluit.

Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, fietsry, swem, visvang en bergfietsry in.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Daniel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 87 Leonora Drive, Ballito, 4418, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Floridian het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 5)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 5)
Bespreek

87 Leonora Drive, Ballito, 4418, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 29 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf82e1a9894b4556718a78984493c6a3ca025ae88d54385b258cc581fabd37ef30cdafec477f5ea42ba0b576e12491107d01e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5) 19 5 1 5 87 Leonora Drive Ballito 4418 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.52862974768 31.217409968376
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang