Umhlanga Beach Villa
10 gaste
5 slaapkamers
5 beds
4 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - 122 Ridge Road, Umhlanga, Durban, 4019, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Umhlanga Beach Villa bied pragtige en gerieflike verblyf wat net 'n kort entjie se stap vanaf die strand is.
Die huis is geskik vir 10 gaste en beskik oor 5 kamers met lugversorging, 3 badkamers en 1 gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met kasspasie, 'n bad, stort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en toilet het. Die derde en vierde slaapkamer het ook elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis het 'n hoë plafon en is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel met 'n boekrak. Die area lei na 'n etenstafel met sitplek vir 10. Verder kan gaste in die ingesonke sitarea ontspan en Netflix, Showmax of DStv op versoek op die TV kyk. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die villa het verskeie kuierareas en geriewe wat vir lieflike buitelugvermaak sorg. Daar is 'n ontspanningsarea buite met gemaklike sitplek en 'n pragtige uitsig oor die swembad. Gaste kan op die dek by die ingeboude braai, of in die tuin kuier, en kinders kan op die springmat baljaar. Daar is veilige parkeerplek vir 6 voertuie op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Tammy Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 122 Ridge Road, Umhlanga, Durban, 4019, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
122 Ridge Road, Umhlanga, Durban, 4019, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang