Vryheid Farm House
10 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Vryheid Farm, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Vryheid Farm House is 'n selfsorghuis op 'n privaat, omheinde plaas op die grens van die Alexandria- en Paterson-distrik, langs die Amakhala Wildreservaat.
Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers, asook 'n aparte gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak in. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die ruim kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n kaggel en groot stapeldeure wat na 'n boma aan die een kant en 'n stoep met 'n kuierarea en 'n ingeboude braai aan die ander kant lei.
Gaste is welkom om die wildgedeelte van die plaas te verken wat 'n 2 km-staproete en verskeie paadjies vir stap of bergfietsry insluit. Vryheid-plaas spog met 'n rits wildspesies en selfry-wildkyk en voëlkyk word op sekere aangewese paaie toegelaat (4x4-voertuie word vir sanderige of steil areas aanbeveel).
Die plaas bedryf 'n wisselweidingstelsel met Nguni- en Beefmaster-beeste. Gaste is welkom om by die plaasbestuurder oor boerdery-aktiwiteite te leer of om 'n kort uitstappie aan te vra om die beeste te sien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Vryheid Farm, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Vryheid Farm, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang