Geverifieerde Resensie
Addo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Addo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 46 resensies.
"Was nie in Olifantpark nie, meer vir besigheid, maar was glad nie ingenome nie."
"In ons wêreld vandag kan mens nie die area oordeel as gevolg van ander se mishandeling nie. Die dorpie is klein, maar die buite besigtighede is asemrowend."
"Addo was wondelik. Ons het 'n heerlike tyd in die olifantpark gehad en lekker geëet by die restaurant daar. Ons het ook 'n fantastiese staproete gaan doen by die Zuurberg-gedeelte van die park. Ons sal beslis weer gaan."
"Addo Olifant Park is lieflik. Maar in die dorpie gaan nie veel aan nie, veral tussen 12uur die middag ná ontbyt en 18:30 wanneer daar 'n paar pubs veronderstel is om oop te maak vir aandete, wat nie elke dag gebeur nie. "
"Addo and surrounds are beautiful countryside and the Addo Park is well worth a visit."
"Het op Addo oornag om Addo Olifant Park te besoek, maar Homestead kan ook as vakansieplek dien."
"Ongelukkig weens swak weer het ons min diere gesien. Hoop om weer terug te keer 'n volgende keer en meer diere te sien."
"Dit is lekker sentraal geleë. Ons sou baie graag lemoene en naartjies wou koop, maar daar was nêrens 'n stalletjie of plek waar ons kon koop nie. Verder baie lekker gekuier."
"Nog steeds waarde vir geld. Dit is 'n olifantpark. Klein dingetjies waaraan bestuur moet aandag gee om beeld te poets vir veral oorsese besoekers. Paaie is besig om verweer te raak. Gate in teerpad maak slegte indruk. Personeel is behulpsaam en beleefd. Beef Baron gee uitstekende etes. "
"If you really want to see the Big 5, look at the smaller game reserves, like Schottia. You are more likely to meet them there."
"Addo Olifantpark is naby Addo. Dit was 'n goeie dagondervinding. Ons het redeilk baie wild gesien en ook hoe die Olifante baljaar in die watergat. "
"Die Olifantpark is baie goedkoop en was baie lekker om dit te besoek. "
"Dis 'n onbekende juweel vir 'n toerus wat hou van in plekke te gaan rond ry en snuffel."
"Addo Nasionale Park was 'n belewenis en sal dit enige tyd weer besoek."
"Addo-olifantpark is die groot aantrekking. Dit lyk nie of daar samewerking is om die dorpie self meer aantreklik te maak nie, maar Wild Africa was 'n aangename verrassing. Hopelik is dit 'n voorbeeld wat nagevolg sal word."
"Addo is a lovely little village. We were very impressed with its accommodation and restaurants."
"As jy olifante wil sien is dit 'n moet. Die leeus was ietwat skaars, maar daar is ook net 10 op hierdie stadium. "
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."