Geverifieerde Resensie
Askham
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Askham bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 26 resensies.
"Rated Askham 5 stars for convenience when travelling to and from Kgalagadi and for the fact that it is home to Kameelboomkoelte! Old style general dealer is worth a visit - one can buy anything from playing cards, vegetables, bicycle spares to a wedding dress!"
"Slaapgereiwe buite die dorpie met ’n mooi uitsig oor die rooi duine sal 'n ongelooflike bestemming wees."
"Dit is ‘n bestemming vir ‘n spesifieke toeris! Goeie oornagbestemming op pad na ander plekke in die omgewing. Na die goeie reën was die natuurskoon enige fotograaf se droom!"
"We feel very sorry for the people that live there, because poverty and no work are very obvious."
"Die aankope vir kos en drank is baie beperk. Dit is verstaanbaar vir 'n klein dorpie. Ondersteun hulle tog om die voortbestaan te verseker."
"Behalwe vir die Kgalagadi Park en die mooi Kalahari landskappe, is daar nie baie aktiwiteite vir toeriste nie. As jy egter wil rus, sal jy dit hier kan doen!"
"Nog net so lekker rustig soos ander jare wat ons hier oornag het, hier begin jou vakansie en jou siel begin rus!"
"Askham is 'n dorpie met die vriendelikste mense! Dit was 'n ongelooflike lekker kuier saam met die Askham-gemeenskap! Die Diamond Koffiewinkel op die dorpie is fantasties! "
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense! Definitief een van die mooiste in die Noord-Kaap."
"Moeilik om te sê of dit 'n goeie toeristebestemming is of nie. Ons het laatmiddag gearriveer, die hele daaropvolgende dag in die Kgalagadi gekuier en vroeg die volgende oggend weer gery. "
"Klein dorpie, maar die ligging naby aan die Kgalagadi park maak dit 'n goeie oorblyplek vir die wat nie self binne die park kan bly nie."
"Dorpie is aan die uitbrei met inligtingskantoor oor besoekpunte terwyl jy heerlik onder boom kan sit met heerlike koppie koffie en wortelkoek en net die rustigheid en gasvryheid kan geniet!"