Geverifieerde Resensie
Balgowan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Balgowan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 135 resensies.
"Our stay was too short (me running Comrades, I had to rest up as much as possible) but driving through definitely looks like a stunning place."
"Het verskeie kere gaan uiteet, maar eetplekke is baie duur, heelwat meer as in die stad. Daar is egter heelwat plekke om te besoek op die Meander, en alles is binne redelike afstand."
"Ons wil so graag meer tyd in hierdie prentjiemooi deel van ons land spandeer. Ons sal beslis meer oor die Midlands Meander navors en 'n langnaweek hier wil deurbring!"
"Paaie is maar soos elders in SA in swak toestand, maar dit was nogtans 'n aangename ervaring."
"Rustig en lieflike wegbreek. Pragtige natuurskoon. Ons het dit vreeslik geniet."
"It's a good place to spend a number of days, especially with kids for a farm experience."
"Deel van die Midlands Meander en daar is soveel om te doen, sien en proe."
"Die deel waar ons gebly het, is effens ver van Nottingham Road en die ander dorpies in dié deel van die Middeland."
"As mens van die platteland hou (en veral van die Midlands Meander) is dit uitstekend, alhoewel die paaie nie in die beste toestand is nie. Daar is baie eetplekke, koop-plekke en bly-plekke, maar ander doen-dinge is nie so volop nie."
"Ek het baie jare gelede gereeld die plek besoek en dit was 'n heerlike herinneringstog."