Geverifieerde Resensie
Barrydale
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Barrydale bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 174 resensies.
"Interessante kontreiwinkels en eetplekkies langs Roete 62."
"Die ete by die Mez was heerlik. Bespreek wel voor die tyd. Hulle was baie vol."
"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
"Was net teleurgesteld dat die wynkelder in Barrydale nie oop was op 'n Sondag. "
"Soveel om te sien en te doen, Barrydale sien ons weer."
"Fantastiese dorp met baie gasvryheid. Fantastiese belewenisse daar gehad. Baie dankie!"
"Doen jouself 'n guns en ry deur die dorp, orals is kunswerke te sien op mure, teen geboue en sommer in tuine. Daar is oulike winkels met pragtige en smaakvolle produkte. Ry tot teen die hoogste koppie uit en geniet 'n asemrowende gesig van kleure en geure."
"Barrydale is maar 'n redelike one-horse town - so OK vir 'n middagete of oorslaap maar dis ongeveer dit."
"Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!"
"Barrydale is stil en rustig maar die omgewing is pragtig en ons het verskeie dag uitstappies gedoen. Daar is wonderlike restaurante op die dorp en die plaaslike kinder Rieldans groepie het ons vermaak by die hotel."
"Was te kort daar om 'n ingeligte opinie te gee. Loop 'n bietjie rond in die dorp. Dit lyk tog of daar hier en daar 'n verrassing kan wees."
"My oupagrootjie het jare gelede daar gebly. Ek het dit geniet om na die ou geboue op die dorp te kyk en eetplekke langs die pad is uitstekend."