Resensies van Bethulie

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bethulie bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 123 resensies.
Charmaine D. - 7th October 2021
staying in Bethulie
'n Klein dorpie met 'n interessante geskiedenis en vriendelike mense. Kom maak gerus 'n draai hier.
Gerhard V. - 3rd October 2021
staying in Bethulie
Gebruik die Gariepdam en die geskiedenis om te ontspan.
Dries H. - 16th September 2021
staying in Bethulie
Bethulie sal beter doen as gastehuise inligting oor Bethulie gee.
Lisa P. - 6th September 2021
staying in Bethulie
'n Dorpie weggesteek met ryk geskiedenis en erfenis, die vriendelikste mense met die interessantste stories. Die gemeenskap het hul eie manier van dinge doen en sê wat ons stadsjapies met verwondering betower. In 'n bitter kort tydjie baie lief geraak vir die dorp en sy mensies.
John H. - 23rd May 2021
staying in Bethulie
Disappointingly run-down and neglected.
Gerson K. - 1st April 2021
staying in Bethulie
Die dorp is die oudste in die Vrystaat en daar is die Pellissier Museum wat besoek kan word op aanvraag. Louise het vir ons gereël. Tipiese, Vrystaatse Karoo-dorp met die langste brug in Suid-Afrika. Die konsentrasiekamp in Bethulie het die hoogste sterftesyfer van alle konsentrasiekampe gehad tydens die ABO en 'n besoek aan die begraafplaas is die moeite werd.
Cindy S. - 7th February 2021
staying in Bethulie
Quiet little town. We enjoyed our stay.
Rita F. - 15th January 2021
staying in Bethulie
Ek sou graag in die toekoms langer wil vertoef om meer van die dorp te beleef.
Liza S. - 8th January 2021
staying in Bethulie
Interesting memorials about the Anglo-Boer War and spectacular views of the Orange River from the bridge.
Tinus D. - 5th January 2021
staying in Bethulie
Rustige platteland met interessanthede en baie mooi natuurskoon.
Sandra P. - 5th January 2021
staying in Bethulie
Die langste brug in die land is baie indrukwekkend. Die Ou Kar Restaurant word aanbeveel. Die hotel is blykbaar vol boeke - meer as ‘n biblioteek (alhoewel ons dit ongelukkig nie te siene gekry het nie). Ons het ‘n draai by tragiese Konsentrasiekamp kerkhof gemaak. Oudste sendelingshuismuseum kan ook besoek word. Baie gerieflike oornagstop tussen Gauteng en die Suid-Kaap.
Albert O. - 3rd January 2021
staying in Bethulie
Baie potensiaal. Groot ruimte vir verbetering.
Lindy C. - 3rd January 2021
staying in Bethulie
As jy stilte soek is dit die plek om te wees.
Jacus P. - 22nd December 2020
staying in Bethulie
'n Dorp met interessante geskiedenis. Kort 'n bietjie aandag, maar steeds 'n kort besoek werd.
Peet G. - 10th December 2020
staying in Bethulie
Daar is soveel om te sien in Bethulie. Baie geskiedenis. Ons sal definitief weer gaan.
Charmaine M. - 8th December 2020
staying in Bethulie
Baie interessante dorp met baie geskiedenis.
Gesina C K. - 5th December 2020
staying in Bethulie
Interessante geskiedkundige museum. Landelike omgewing verfrissend.
Botha T. - 16th November 2020
staying in Bethulie
Food at Old Car Restaurant very nice and pizza outstanding.
Sanja C. - 3rd November 2020
staying in Bethulie
Pragtige dorp. Ryk aan geskiedenis.
Susan B. - 31st October 2020
staying in Bethulie
Bethulie het ’n plattelandse bekoring met vriendelike, akkomoderende mense. Gate uit geniet. Die Ou Kar se pizzas is skokkend lekker!
Eleonora H. - 21st October 2020
staying in Bethulie
Geniet die sonsondergang op DH Steyn-brug.
Shirley R. - 3rd October 2020
staying in Bethulie
From a historical point of view the quaint little town of Bethulie is well worth a visit. Trudie Venter took us on a short tour of some very interesting sites, and she herself has such a wealth of knowledge about the places and events - it was a pleasure to listen to her and learn, despite the fact that many of the historical stories were sad ones.
Sanette R. - 21st September 2020
staying in Bethulie
'n Mooi en veilige dorp waar mense kan stap. Geskiedkundige toere kan bespreek word by Trudie Venter - dit sal goed wees om mense daarvan te laat weet. Sy is besonder kundig oor die geskiedenis van die dorp en omgewing.
Johan L. - 12th March 2020
staying in Bethulie
Goed om te sien.
Philip G. - 1st March 2020
staying in Bethulie
Naby die brug vir sonsondergang fotos. Die paaie na die Oos Vrystaat is in 'n treurige toestand.
Elize P. - 1st March 2020
staying in Bethulie
Was nogal beïndruk met goeie toestand van konsentrasiekamp se kerkhof. As mens van geskiedenis hou, is daar heelwat te sien.
Maretha S. - 4th February 2020
staying in Bethulie
Bethulie is 'n pragtige dorpie. Gemaklik om te stop op pad na Oos-Kaap.
Karien V. - 14th January 2020
staying in Bethulie
'n Groot verrassing! Ons sal definitief graag weer via Bethulie wil ry en meer van die dorpie wil beleef!
Wilmar V. - 13th January 2020
staying in Bethulie
Die petrolstasie maak eers 07:30 oop.
Chris V. - 12th January 2020
staying in Bethulie
Baie om te sien en doen. Interessante geskiedenis.
Amanda O. - 10th January 2020
staying in Bethulie
Bethulie is vir my bietjie stil. Ons het wel op die brug na 'n pragtige sonsondergang gaan kyk oor die Oranjerivier en die Gariepdam. Ek glo nie ek sal meer as 2 dae daar spandeer nie.
Paul E. - 9th January 2020
staying in Bethulie
Goeie oornag-opsie op pad kus toe.
Francois N. - 7th January 2020
staying in Bethulie
Dis jammer van die opsigtelike plattelandse verval op die dorp.
Hendrik B. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Ons het uitgesien, na aanleiding van plekke om te besoek, om die kroeg in die hotel te besoek, maar kon dit nie kry nie. Baie ryk geskiedenis en sou graag meer tyd wou spandeer om al die plekke te besoek. Daar kan gerus gekyk word om die toestand van die strate te verbeter. Ons het dit baie geniet.
Lizelle W. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Daar is ook baie interessante geskiedenis om en net buite Bethulie.
Dries P. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Ideale halfpad slaapplek.
Desiree V. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Baie onderbeklemtoonde dorpie maar 'n moet om te besigtig.
Adina D. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Die plaaslike restaurant was toe en ons kon nie veel van die omgewing beleef nie. Bethulie is 'n stil en rustige dorpie. Sou graag meer van die kultuur wou ervaar.
Cornia B. - 5th January 2020
staying in Bethulie
Pragtige ou wêreldse plekkie, die paaie is in 'n slegte toestand, maar so met meeste klein dorpies. Interessante geskiedenis oor dorpie in pamflet gekry by Lavender Rose.
Jan N. - 1st January 2020
staying in Bethulie
Stil dorp met tonne geskiedenis. Doen moeite en gaan besoek die museums, monumente en gedenkwaardighede in die omgewing!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]