Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"Britstown begin soos meeste plattelandse dorpe agteruit gaan. Geboue is besig om vervalle te raak en daar is maar min wat die aandag trek. Tog is die mense vriendelik, en die dorpie betreklik skoon."
"Pragtige, histories dorpie. Jammer daar is so baie verwaarloosde huise."
"Dis nie veel van 'n toeristebestemming nie, maar meer 'n oornag en deurgang vir reisigers."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Ons het 30 jaar terug daar gebly, maar dis maar die geval met al die plattelandse plekkies."
"Rietpoort is 18 km uit die dorpie, Britstown bied nie veel nie, maar is halfpad tussen JHB en Langebaan op die N12."
"Die mense wat nie by Nieu-Bethesda oorbly weet nie wat hul mis nie. Hier kom jy weer in aanvoeling met die natuur. Die stilte en klank van plaasdiere en voëlgeluide is goed vir die siel. Die Ibis Restaurant is hoogs aan te beveel. Ons het al te heerlik geëet."
"Nieu-Bethesda was op my emmerskop-lysie en is so dankbaar dat ek alles daar kon ervaar. 'n Rustige dorpie sonder om vervelig te wees!! En skoon en goed versorgde geriewe."
"Nieu-Bethesda is die moeite werd om voor af te draai en 'n paar uur te kuier. Daar is goeie restaurante, bierbrouery en die Uilhuis- en Fosiel-museum is iets besonders."
"Skoner strate en minder kinders wat doelloos rondstap en baie bedel sal positief bydra."
"'n Unieke plek met vriendelike mense wat altyd bereid is om te help en te gesels. Definitief een van my gunsteling-kuierplekke."
"Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase. "
"I love the remoteness of the town. The Locals were friendly and happy to receive me. Highlights for me were: delicious meals at the Waenhuis, a ride on Jacob's donkey cart, casually strolling up and down the gravel roads finding quirky Art studios and honesty shops along the way, an inward journey through The Owl house and Nieu Bethesda Cement Art workshop presented by Randal, an informal trader."