Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2349 reviews.
"Dit is 'n klein dorpie, maar met baie potensiaal. Ons het lekker geleer van ou teaters by Apollo-teater, maar dit was 'n jammerte dat die museum nie oop was nie. 'n wegbreek wat die kinders nie vinnig sal vergeet nie."
"Ongelooflike juweeltjie van 'n restaurant. Die vriendelikste mense! Karoo sterrenag ongelooflik."
"Netjiesste en skoonste plattelandse dorp wat ek in baie jare gesien het. Baie vriendelike mense. Heerlike aandete by Ka'Roux geëet!"
"Bly ons kon buite Britstown tuisgaan. Britstown self is nie aanskoulik met die verbyry nie."
"Netjiese klein dorpie. Ry gewoonlik net deur, stop nie regtig daar nie."
"Really a hidden gem. Quirky little shops. Even an Honesty Shop where all the goods are on display and you take what you want and leave your money in a tea pot!"
"Die mense in die dorp is gasvry en ons het heerlik geëet by die hotel se restaurant. Kan sien die dorp gaan gebuk onder die droogte en die leë dam net buite die dorp is 'n hartseer gesig. Ons hoop 2021 bring vir hul reën en baie toeriste. Victoria-Wes is 'n heerlike oornagbestemming op pad see toe."
"Covid-19 het die gemeenskap ook benadeel. Die toeneem van bedelaars in die dorp is ‘n sigbare bewys dat die pandemie sy merk op die gemeenskap gelaat het."
"As jy regtig wil afsluit van die mensdom is dit die plek. Outydse charm is volop. En jy kan loop na jou hartelus. Wens ek kon daar gaan bly."
"Stil, karaktervolle Karoo-dorpie. Nie baie op die toerisme mark gefokus nie, meer op die sjarmante, rustige omgewing."
"Ons het laat ingekom en vroeg gegaan maar jammer soos vele ander dorpe in ons land is die verval maar 'n seerpuntjie vir almal."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."