Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1295 resensies.
"Dit is een van daardie dorpe wat te maklik verby gejaag word. Hierdie was die eerste keer dat ons daar oorgeslaap het. Die dorp was stil en die restaurant was redelik besig. Ons het die Maandag oggend vroeg vertrek en dus nie die ander aanbiedinge van die dorp besoek nie."
"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."
"Dis 'n mooi dorpie met ou geboue wat baie geskiedenis bied. 'n Lekker halfpad oorslaap dorpie as mens vêr reis."
"Was verbaas oor die hoeveelheid goeie restuarante. Het lekker geeet by Inni Kraal."
"Colesberg not as a holiday destination but great as a midway stopover to the Cape."
"Baie interessant, vreeslik geniet, eg plattelands, interessante en gesellige restaurante, heerlike kos, vriendelike mense!"
"Die dorp se hoofstraat het definitief aandag nodig. Ek het in ‘n reënstorm daar aangeland en deur ‘n hele paar gate en modderplasse gery om my weg te vind. Die swaar voertuie deur die dorp rig groot skade aan die paaie. Vanaf Bloemfontein is die Caltex-garage die wenner met hulle Spur, Seatle Coffee Shop en Fresh Stop-fasiliteite. Die personeel daar is vriendelik en hulpvaardig."