Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1295 resensies.
"Baie vriendelike mense. Die plaaslike mense lag maklik vir die simpel Gautenger se grappies. Die diens is baie goed in die gastehuis, restaurante en kuierplekkies. Die dorp is oor die algemeen baie skoon en verseker die moeite werd om te besoek."
"Die dorp self lyk my maak 'n bestaan deur slaapplek aan te bied vir Kaapstad-Johannesburg reisigers. Ek kon nie veel sien om te doen behalwe slaap en eet nie. Ook,, let wel die dorp se sentrale kerk het 'n streng uurlikse kerkklok lui-beleid wat elke dag 6vm begin en 11nm klaar maak. Nou nie almal se koppie tee nie, maar darem weet jy te alle tye hoe laat dit is!"
"Baie skoon dorp. Ons was nie lank genoeg daar om die dorp te kon verken nie."
"Niemand mag die "upmarket" restaurantjie 1989 langs die OK misloop die. Gehalte-koffie, super-ontbyte en koekverskeidenheid sal jy ver moet loop soek!"
"I'd say its a great stop-over destination. Central between Johannesburg and Cape Town and close to the N9, as well to Graaff Reinet. I wouldn't necessarily plan Colesberg as an end-destination."
"Ons het in Colesberg oornag, maar het al in die verlede langer tye daar spandeer. Pragtige dorpie, heerlike stapgeleenthede en baie plekke in die omgewing om te besoek."