Geverifieerde Resensie
De Rust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Rust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 418 resensies.
"Mooi skoon dorpie, oulike eetplekkies! Ons kon kos bestel wat by ons afgelewer is, baie lekker en gerieflik."
"Plattelandse dorpie met lekker atmosfeer. Baie lekker eetplekkies en winkeltjies. Vriendelike mense."
"De Rust is n klein dorpie met karakter. Ons het ontbyt by Ray's baie geniet en het alles wat ons nodig het gekry by die Sentra."
"Oulike stil dorpie weg van die hoofpad. Daar gaan werklik iets gedoen moet word oor die spoed waarmee voertuie, veral vragmotors, teen die bult af in die hoofstraat ry. Dat daar nog nie noodlottige ongelukke was nie is 'n wonderwerk aangesien baie voetgangers langs dié straat beweeg agv. die winkeltjies, ens. Daar moet dalk 'n verpligte swaarvragmotor stop aangebring word voordat die voertuie die dorpie mag ingaan, soos by sekere passe, ens. Spoedkameras sal ook die motors wat in die hoofstraat af en op ry keer."
"De Rust is 'n moet-stop dorp. Met sulke ongelooflike mense kan jy gerus maar oorslaap en langer kuier. So jammer dat Covid 19 soveel klein winkeltjies laat sluit het."
"Ongelukkig geen aandrestaurante het Covid oorleef nie. Sterkte."
"An interesting town that one needs to spend time in to investigate its quirkiness and beauty."
"The town was so friendly and informative they welcomed us with smiles."
"If you're not hikers or cyclists then I would not stay here longing than 1 night. Good passing through destination."
"Dis 'n mooi skoon dorp. Geen rommel lê in die strate nie. Die OK-winkel was die eienaar so hulpvaardig gewees. Hys al vir die afgelope 40 jaar die eienaar van die winkel."
"Bruwer het ons meer vertel en gewys van sy passie vir kitaar maak, dit was baie leersaam. Dankie Bruwer vir al die inligting."
"De Rust is a small town and the people are very kind and friendly. "
"A typical small South African town. The town looked neat and clean. "