Resensies van Dinokeng

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.42 uit 5 gekry volgens 461 resensies.
Sonja E. - 7th August 2021
staying in Dinokeng
Sal plek enigetyd aanbeveel, veral mense met klein kinders!
Elma D. - 27th July 2021
staying in Dinokeng
Die beskikbaarheid van Groot 5 is baie misleidend en die grondpad het DRINGEND 'n skraap nodig!
Tanya H. - 19th July 2021
staying in Dinokeng
Great place overall!
Lydia P. - 30th June 2021
staying in Dinokeng
Die grondpad moet vir seker nagegaan word.
André F. - 17th June 2021
staying in Dinokeng
Genoeg te besoek en besigtig in omgewing vir 'n vinnige naweekkuier.
Daleen F. - 11th April 2021
staying in Dinokeng
Die selfry permitte is effe duur wat 'n daguitstappie nogal duur kan maak, andersins is die geriewe en verblyf heel goed.
Hendrik S. - 9th March 2021
staying in Dinokeng
Need to have more attractions and activities.
Jackie V. - 28th February 2021
staying in Dinokeng
Baie goed.
Roland B. - 23rd February 2021
staying in Dinokeng
Keep up the good work!
Linda S. - 16th February 2021
staying in Dinokeng
Die bos naby aan die stad! Minder as ‘n uur se ry en mens kan die Groot Vyf sien!
Adelien D. - 15th February 2021
staying in Dinokeng
Dinokeng was pragtig na die reën.
Renier Z. - 8th January 2021
staying in Dinokeng
Die diere in die reservaat is maar skaars, moenie die Kruger verwag as jy daar inry nie, maar die bos is mooi, glo met game drives sal meer gesien word.
Max T. - 7th January 2021
staying in Dinokeng
Baie naby aan Pretoria en Johannesburg.
Jan J. - 4th January 2021
staying in Dinokeng
Baie plekke toe weens COVID-19.
Cindy M. - 14th December 2020
staying in Dinokeng
Fantastiese plek.
Michellee V. - 3rd November 2020
staying in Dinokeng
Puik.
Braam V. - 30th October 2020
staying in Dinokeng
Lekker om die wild te beleef in hul natuurlike habitat.
Estelle P. - 16th October 2020
staying in Dinokeng
Dinokeng is die natuurhartjie van Gauteng.
Carla S. - 13th October 2020
staying in Dinokeng
Dis baie gerieflik naby Pretoria vir vinnige wegbreek met genoeg wild om te besigtig.
Amanda B. - 24th March 2020
staying in Dinokeng
Was nie regtig enige vorm van ontvangs/reception nie, maar dit het nie so baie gepla nie.
Marinda V. - 23rd March 2020
staying in Dinokeng
So naby Pretoria, maar wanneer jy by Dinokeng is kan jy afsluit van die stadslewe en weer een word met natuur.
Ignatius R. - 17th March 2020
staying in Dinokeng
Dis bietjie duur om self-drive te doen.
Anè K. - 17th March 2020
staying in Dinokeng
Cullinan is 'n oulike Toeristebestemming.
Hugo V. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Dis 'n plek vir enige historikus wat nostalgie op die hart dra by ou plekkies van toeka se dae, vol karakter.
Alta V. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Heerlike bestemming vir 'n naweek weg. Wonderlik om al die diere so naby aan die stad te kon sien. Wonderlike inisiatief!
Nicky J. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Ongelukkig slegs bokke en zebras gesien. Geen van die Groot Vyf nie. Dit was sad, maar miskien volgende keer.
Dries V. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Sal beslis weer Dinokeng besoek.
Elzette L. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Uitstekend!
Leon B. - 16th March 2020
staying in Dinokeng
Baie lekker dankie!
Nezelle J. - 15th March 2020
staying in Dinokeng
Onthou om 'n selfry-permit te kry by die hek as julle beplan om die paadjies te ontdek.
Monique H. - 9th March 2020
staying in Dinokeng
Dit was ‘n heerlike wegbreeknaweek. Ons sal beslis weer Dinokeng besoek.
Walter B. - 3rd March 2020
staying in Dinokeng
Prys is nie sleg om toegang te kry nie en daar is baie wild om waar te neem.
Petra S. - 3rd March 2020
staying in Dinokeng
Alles was mooi en pragtig groen na die lekker reën.
David A. - 3rd March 2020
staying in Dinokeng
Die plek ontwikkel nog, maar is glad nie sleg nie. Bietjie verwarrend vir die eerste keer besoeker aangesien dit nie heeltemal soos meeste ander parke bedryf word nie. So ver die selfbestuur wild kyk gaan, maak seker jy kry jou permit en kaart by die ingang (die kaart is wonderlik, jy gaan hom nodig hê) en betaal sommer jou natuurbewaringsfooi terselfdertyd. Die paaie is darem goed onderhou en aangedui op die kaart, jy gaan ure in die bos kan spandeer. Maar dis 'n baie lekker wegbreek as jy eers verstaan hoe dinge werk en die diere begin sien en die bos begin waardeer!
Jochie T. - 28th February 2020
staying in Dinokeng
Die area is duidelik nog nie ten volle ontwikkel nie, maar het lieflike moontlikhede. Indringerplante lyk asof dit 'n probleem mag wees. Self drive word bemoeilik deurdat die kaart ongelukkig nie die ander plaaslike paaie ook aandui nie. Die kaart vir self drive is ook op plekke onakkuraat en nie heeltemal op datum met paaie wat verander is nie. Pragtige wild en voëls! Die huidige voëlskuiling het nie veel opgelewer nie, maar meer voëlskuilings kan dalk later opgerig word? Uitstekende konsep, fantastiese plek!
Johan A. - 17th February 2020
staying in Dinokeng
Mooi Bosveld-bestemming.
Arjen L. - 17th February 2020
staying in Dinokeng
Dinokeng is 'n geskikte reservaat vir 'n naweek wegbreek. Moet nie verwag om die Groot 5 aan te tref nie en moet ook nie enige plek ry as jy nie die geskikte voertuig het nie. Die klein plaas grondpaadjies kan plek-plek jou kar beskadig. Vir wildkyk gaan eerder Pilanesberg of Kruger toe - as jy net by jou kamp wil rus is Dinokeng die regte opsie.
Alta J. - 10th February 2020
staying in Dinokeng
Such a gem!
Karien M. - 3rd February 2020
staying in Dinokeng
Gaan beslis meer besoek.
Dirk N. - 3rd February 2020
staying in Dinokeng
Naby en baie bekostigbaar.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]