Geverifieerde Resensie
Doringbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Doringbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 153 resensies.
"Fry Cove Winery is at the small harbour, great wine. The restaurant on the beach in Strandfontein served great prawns, and fresh crispy salad."
"Ons het dit verskriklik geniet, sal dit beslis aanbeveel en as ons hopelik weer die geleentheid het om daardie area te besoek, sal ons weer in Thornbay bly."
"As jy wil afskakel is dit die plek. Strandfontein is ook pragtig en skaars 8 km weg. Papendorp se labarint was ook lekker om te sien en stap."
"Dit is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense. Orals was die diens uitstekend. Beslis 'n plekkie wat jy moet besoek."
"Doringbaai is perfek vir reisigers wat wil wegkom van die gejaagde stadslewe."
"Ons het nie geweet daar is 'n Doringbaai nie, maar het hom gaan soek en was ons beëindruk. Die dorpie is nie te groot nie en die nodige was daar. Pragtige dorpie en ek moet dit noem - SAPD was uitstekend met patrolering en sigbaarheid, nie net in die paar strate nie, maar oral tot op die strand. "
"Vriendelike, veilige en baie rustige omgewing. Seespens bedien die heerlikste seekos."
"Strand baie klein, maar uitsig baie mooi. Paaie in goeie toestand en skoon. Dankie, dit was lekker."
"Perfekte plek om rustig te raak en battery te herlaai. Ons sal vir seker weer terugkeer."
"Fryer's Cove Vineyard is heerlike kuier plek met lekker en goeie kos. Meer aandag kan aan die ander eetplekke se kos gegee word."
"Plaasvars West Coast town with some lovely coves, hiking paths and other attractions. The litter on the beaches and aforementioned paths is, however, really off-putting. In addition, we saw a number of youths breaking bottles on the boat launch ramp soon after we walked by who swore at us when we challenged them."
"Die omgewing is nog bietjie ongerep en dit maak dit baie spesiaal. Aan die anderkant - is daar is nie veel om te doen nie."
"We were there on a Sunday and the restaurant we wanted to go to closed at 16:00. A bit too early for us, which was a pity. A quaint little town but does not offer a vast amount of things to do. Perfect for a stop over!"