Geverifieerde Resensie
Douglas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Douglas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 85 resensies.
"Soos so baie van die munisipaliteite in Suid-Afrika is dit hartseer om die verval in die rustige dorpie waar te neem. Daar is absoluut geen onderhoud op die paaie nie en moet mens ekstra versigtig ry."
"Die area waar die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier is, was 'n teleurstelling. Verwaarloos en onnet - lyk na 'n kuier- en drinkplek oor naweke."
"Douglas is 'n aangename Noord-Kaapse dorp. Die mense is baie vriendelik en die omgewing is pragtig."
"Ons dink dit is die moeite werd om hier oor te bly om die samevloeiing van die Oranje- en Vaalriviere eerstehands te kan sien!"
"Friendly town and nice shopping mall - we lacked nothing! We also had a great experience by visiting the site where the 2 most famous rivers, the Orange and the Vaal, meet and continue as one - beautiful."
"Die dorp is 'n plattelandse dorp. Ons het spesiaal Douglas toe gegaan om die samevloeiing van die Vaal en Oranje te besoek. 'n Pragtige gesig maar word nie as toeristebestemming benut nie. 'n Paar plaaslike inwoners vra geld vir elke persoon wat besoek aflê. Toiletgerief ellendig."
"Ons het nie veel tyd daar spandeer nie, maar alle geriewe is daar. Daar is 'n Spar wat altyd goed is en 'n uistekende slaghuis. Nie ver van daar nie is die samevloeiing van die Oranje en die Vaal en dit was iets om te sien, veral omdat beide riviere nou so vol is."
"Overall the people there are very friendly and helpful. Really made our stay enjoyable."
"Die paaie is in baie slegte toestand en kan meer gedoen word met skoonmaak in die dorp."
"Great overnight town. Clean and friendly people. Best steak restaurant in area."
"Ons het die bymekaarplek besoek waar die Oranje en Vaal Riviere bymekaar kom. Dit word nou deur plaaslike mense 'onderhou' (die viewpoint), en is skoon en netjies. Blyk die munisipaliteit het nie meer belang daarin nie. Dit was vir ons interessant om dit te sien."
"Verskriklike slaggate op al die paaie. Mens kan die munisipale wanbestuur met ’n stok voel. Vreeslik hartseer om dit te sien. Ons het met ’n gewone sedan voertuig die dorp besoek. Ek sal dit nie aanbeveel nie. Op sommige plekke moes ons op die sypaadjie ry. Wat ’n kontras teenoor die toestand van ons paaie in die Wes-Kaap."
"Like any other town there's a lot of deterioration. Roads are full of potholes and there's no rest facilities, like tables and chairs under the trees and a park were we can go."
"Douglas is a small town with a high unemployment rate. If we have more guests visiting Douglas. The tourism will boost and more people will be employed in the sector."
"Die samenvloeiïng van die Oranje en Vaal is iets om te beleef. Soos meeste plattelandse dorpies word Douglas egter verwaarloos deur die plaaslike regering. Hartseer."
"Dis 'n klein dorpie met versteekte juwele. Die samevloeiing van die riviere net buite die dorp is asemrowend"
"So paar draaie deur die dorp gery. Brandstof ingegooi - erg onvriendelik! Parkie opgesoek - besoedel en vuil! Teleurstellend!"