Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Drakensberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1674 resensies.

Underberg, Drakensberge

Valley Lakes

"Die Underberg omgewing is werklik pragtig en is 'n versteekte juweel."

Champagne Vallei, Drakensberge

Vultures View

"Daar is soveel om te doen, regtig baie lekker."

Fouriesburg, Drakensberge

Die Ou Pastorie

"Baie klein, plat dorpie, daar is wel 'n paar oulike restaurante en koffieplekkies. Baie rustig."

Underberg, Drakensberge

Denela Cottage

"It was close to town as well as places of interest. However I would like to see more entertainment for the kids."

Fouriesburg, Drakensberge

Die Pophuisie

"'n Dorp vol geskiedenis, karakter en baie potensiaal, maar kies verblyf baie goed."

Underberg, Drakensberge

Khotso Guest Farm

"Verblyf rondom Underberg is perfek as mens die Sani Pas wil doen. Sani Pass Tours was baie bekwaam en is in die dorp geleë. "

Winterton, Drakensberge

Drakensview Self Catering

"Nodige winkels beskikbaar."

Champagne Vallei, Drakensberge

Berghaven Cottages

"Die roofvoëlvertoning was 'n hoogtepunt. Ongelukkig kon ons nie veel gaan stap nie (my vrou het haar rug beseer kort voor ons vertrek), maar dit het nie veel afbreuk gedoen aan die genot en ontspanning van die vakansie nie. Dit beteken maar net ons moet weer soontoe gaan!"

Model Kloof, Drakensberge

Nauntons Guest House

"Net die aanwysing na die gastehuis was ietwat verwarrend.Die afrit Modelkloof was duidelik."

Fouriesburg, Drakensberge

The Copper Kettle

"Country Inn in Fouriesburg is 'n moet sien en hulle kos is heerlik."

Fouriesburg, Drakensberge

Fairview Estates

"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."

Fouriesburg, Drakensberge

The Old Country House and Cottage

"Pragtige klein geskiedkundige dorpie. Moet nooit hierdie klein dorpies onderskat nie. Soveel geskiedenis en gasvryheid. Pragtige natuurskoon in die omgewing. Prysloos."

Fouriesburg, Drakensberge

Die Ou Pastorie

"'n Oulike en rustige plattelandse dorpie."

Fouriesburg, Drakensberge

Lesoba Guest Farm

"Het gaan eet by Plaasopstal en dit was 'n baie aangename ervaring."

Estcourt, Drakensberge

Old Beacon Hill

"Ons het geen tyd gehad om die omgewing te gaan sien nie."

Drakensberge

Cathedral Peak Hotel

"Altyd fantasties! Baie jammer dat paaie nie in stand gehou word nie sodat plekke soos Injasuthi onbereikbaar is met 'n gewone voertuig. Die Drakensberge is wêrelderfenisterrein maar word nie as sulks bestuur nie. "

Underberg, Drakensberge

Meadow Lane Country Cottages

"Underberg is underrated, but it is an excellent area for a holiday maker who wants some 'me' time, peace and tranquility. You will lose yourself in the beauty of the area. I have not experienced even one rude person."

Champagne Vallei, Drakensberge

Vultures View

"Puik toeristebestemming...hoogs aan te beveel."

Fouriesburg, Drakensberge

Lesoba Guest Farm

"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "

Fouriesburg, Drakensberge

Fat Mulberry B&B

"Kan Die Plaasstoep aanbeveel vir etes, lekker boerekos. The Windmill Pub & Grill se pizza is ongelooflik lekker maar diens was traag. Algemeen vind ek Fouriesburg baie basies met min opsies maar dis is dat waarvoor 'n mens uit die stad wil ontsnap. Die dorpie is baie netjies. "

Fouriesburg, Drakensberge

Sonstoep

"Die mense wat daar woon is ongelooflik vriendelik... Daar is ook 'n plek in die berg af, Meiringskloof ... dit is fantasties en volgende keer sal ons daar gaan bly."

Fouriesburg, Drakensberge

Orange Apple Guest House and Self-catering

"Interessante dorpie met al die sandsteenhuise. Lekker geëet by die Copper Pig. Die NG Kerk is beslis 'n besoek werd. Lê tussen Ficksburg en Clarens ideaal vir 'n besoek aan die Kersiefees. "

Estcourt, Drakensberge

Leopard's Lair

"Estcourt self bied nie veel behalwe `n geleentheid om die Wagensdriftdam van nader te beskou en indien jy nie bang is vir slegte paaie nie ook `n geleentheid om Gaints Castle te besoek."

Fouriesburg, Drakensberge

Bergkaree Self Catering

"Pragtige ou geboue. Geleë in 'n baie mooi omgewing. Die natuur is asemrowend mooi. Ook naby genoeg aan Clarens, maar nie deel van die muis gedruis in Clarens oor naweke nie. As mens stilte en sielsrus nodig het, is Fouriesburg jou bestemming."

Blad
Blad 52 - Wys 1531 tot 1560
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem