Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Fouriesburg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fouriesburg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 556 resensies.

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Pragtige klein dorpie met heerlike kos!"

Fouriesburg

Di Plaaswerf

"Fouriesburg is 'n pragtige omgewing, maar daar is nie regtig 'n winkel waar 'm mens die nodige kan aanskaf nie. Ons het gevlieg tot in Bloenfontein en met 'n gehuurde moter gery en kon nie iets te ete saamneem nie. Daar was restaurante en toeristewinkels, maar net klein kafees waar jy nie regtig kos kon koop nie. Die pad is net 'n nagmerrie met al die slaggate - ons is nie daaraan gewoond in die Kaap nie. Dit doen afbreek aan die besoek en 'n mens kan nie die omgewing geniet as jy die heeltyd vir slaggate moet uitkyk nie. "

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Pad tussen Bethlehem en Fouriesburg is in baie slegte toestand. Ry eerder Clarens om. Bring jou eie goed, want daar is nie n supermark in die dorp nie."

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Jackal's Hill se kaas in Reitzstraat is 'n besoek werd. Heerlikste kaas en kouevleisplatters."

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Clarens se minder aantreklike boetie, maar ons het die area vreeslik geniet."

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Fouriesburg is 'n lekker stil dorpie, ek sal enige tyd daar kan gaan aftree, lieflike berge om Fouriesburg. Ons is darem nog 'n paar jaar van aftree af."

Fouriesburg

Sandstone Chameleon Guest House

"Could do with a take away restaurant or a Spar."

Fouriesburg

Meiringskloof Nature Park

"Besoek gerus die Orange Apple."

Fouriesburg

Sandstone Chameleon Guest House

"Baie mooi plek by die Malutiberge, strate is net in 'n ongelooflike slegte toestand. Sal moontlik eerder verkies om in Clarens te oornag en dan die dag te spandeer in die Fouriesburg-area."

Fouriesburg

Die Ou Pastorie

"Great overnight stop, largely unspoiled by modernization with some beautiful sandstone houses and lots of wildflowers. The locals were friendly and helpful, and we walked safely about."

Fouriesburg

Bergkaree Self Catering

"Fouriesburg is sentraal geleë met mooi sandsteengeboue. Dit is goed geleë om die omliggende dorpies en omgewing te ontdek en ondersoek. Dit het soveel potensiaal. Ek dink egter die plaaslike owerheid het die infrastruktuur erg laat verwaarloos. En dan natuurlik: Die toegangspaaie na die dorp via Bethlehem of Ficksburg is 'n nagmerrie. As jy daarmee kan saamleef, sal jy lekker kuier."

Fouriesburg

Cherry House

"Fouriesburg is 'n perfekte oornagdorpie eerder as 'n bestemming."

Fouriesburg

Goedgeleë

"Nice and peaceful."

Fouriesburg

Die Ou Pastorie

"So mooi dorpie en naby aan Clarens en Bethlehem."

Fouriesburg

Cherry House

"Opi Plaasstoep Restaurant is 'n heerlike eetplek, kuierplek en sommer 'n mini "shopping mall". Die kos is voortreflik en die eienares die oulikste en vriendelikste!"

Fouriesburg

Cherry House

"Die mooie natuurskoon, skoonste strate en lekkerste kersies en kersie-melkskommel by Die Orangepeel koffiewinkel - 'n moet vir almal."

Fouriesburg

Cherry House

"Wow, they still have working street lights, and street name boards, felt safe to go for a walk. Clean and neat."

Fouriesburg

Cherry House

"Pragtige dorpie. Bietjie vervalle plek-plek. Plaaskombuis het heerlike kos bedien. Hotel word goed onderhou. Sal Fouriesburg beslis weer besoek."

Fouriesburg

Rooistoffel Se Dorpshuis

"Tenspyte daarvan dat Fouriesburg Dorp van die Jaar was, is baie huise en geboue verwaarloos. Die strate is ook nie in 'n goeie toestand nie."

Fouriesburg

Nature's Loft

"Fouriesburg is 'n baie oulike dorp met die mooiste klipkerk. Die grootste bate van die dorp is sy mense. Ons is orals gul ontvang, die mense gaan uit hulle pad uit om 'n mens te help met enige navrae oor dinge om te doen in die area. Die eetplekke doen soveel moeite met hulle kos wat smaaklik voor gesit word en koste effektief is. Affie Lande se tuin dag was 'n heerlike verrassing vir ons, die restaurant is mooi en die kos was voortreflik. Die Orange Apple is diere vriendelik met 'n spys kaart vir jou vier been vriende. Die Plaasstoep Familie Restaurant is ook 'n kuier werd weereens is die kos uit die boonste rakke. Fouriesburg se klimaat is matig in die somer - dis ideaal vir mense wat nie wil uit braai van die hitte tydens die warm somer maande nie. Dis 'n voorkeur vakansieplek vir ons in Desember."

Fouriesburg

Cherry House

"Enough places to get a meal at night which is always important when travelling long distances."

Fouriesburg

Fouriesburg Country Inn

"Rustic old town with dirt roads and all-available outdoor pursuits!"

Fouriesburg

Cherry House

"Baie rustige stil dorpie. Dit het vir ons die plaas en platteland gevoel gegee."

Fouriesburg

Cherry House

"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."

Fouriesburg

Blackwoods Farm Cottages

"Fouriesburg as dorp is aangenaam. Toestand van paaie vanaf Fouriesburg rigting Ficksburg is egter nie goed nie. Rigting Clarens is beter, maar vra ook aandag. Wees versigtig om na donker op die pad te wees."

Fouriesburg

Shumba Valley Guest Farm

"Fouriesburg het my baie beïndruk met sy oulike restaurante, winkeltjies en gasvrye mense."

Fouriesburg

Four Koffie

"Pragtigste sandsteen geboue is oral te sien in die dorp. Die dorp is baie rustig en jy kan alles kry wat jy nodig het in die dorp."

Fouriesburg

Rustica Accommodation

"Hulle is besig om die dorp op te knap, maar dit is baie klein en daar gaan eintlik niks aan nie. Daar is 'n paar oulike eetplekke. "

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 60
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem