Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 765 reviews.
"Veilige kusdorpie met pragtige natuurskoon en oor as genoeg aktiwiteite om mens besig te hou."
"Op Sondae raas die mense bietjie wat kom braai by die braaiers langs die see. Hulle speel hulle musiek baie hard en rev hulle karre se enjins. Andersins is dit lekker rustig!"
"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."
"Dit is lekker sentraal en naby alles wat nodig is en verblyf is gemaklik en privaat."
"Gaan en sien vir jouself - 'n onvergeetlike naweek met baie goeie memories."
"Baie rustige kusdorpie met besoekers wat soggens en saans gaan stap met hulle gesinne en honde. 'n Draai roomys by die kafee is 'n moet!"