Resensies van Gariep Dam

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.23 uit 5 gekry volgens 576 resensies.
Peet V. - 30th March 2018
staying in Gariepdam
Doen jouself die guns en spandeer tyd hier. Die damwal is iets besonders en die dam wal toer is 'n moet.
Nico B. - 28th March 2018
staying in Gariepdam
'n Besoek aan die damwal en die kragstasie was baie interessant.
Braam C. - 28th March 2018
staying in Gariepdam
Ons het nou al by verskeie Gariep bestemmings geboek en oornag. In die algemeen was meeste van hulle 'n teleurstelling met die uitsondering van Forever Resort Gariep. Hierdie oord is altyd skoon, veilig en is dit 'n plesier om hier te oornag. Gariep as 'n vakanieverblyf? Nie maklik nie. Gariep as oorslaap? Forever Resort.
Louis V. - 26th March 2018
staying in Gariepdam
Vissermanne sal dit baie geniet.
Karin B. - 26th March 2018
staying in Gariepdam
Eet plekke kan gerus oop bly Sondae.
Jaco E. - 25th March 2018
staying in Gariepdam
Ideaal vir meer as 1 nag oornagverblyf.
Stephan F. - 25th March 2018
staying in Gariepdam
Statisiekgewys is HFV Verwoerd-dam 'n baie impossante besienswaardigheid. Baie netjiese, skoon omgewing. In vergelyking met bv. Hartbeespoortdam is hierdie 'n 5 ster besienswaardige toeriste aantreklikheid.
Peter R. - 20th March 2018
staying in Gariepdam
Thank you. We will be back.
Gerhard R. - 15th March 2018
staying in Gariepdam
Sal weer daar gaan kuier.
Daan J. - 9th March 2018
staying in Gariepdam
Prentjie mooi tonele en ideale vakansie aanbeveling.
Stefan M. - 8th March 2018
staying in Gariepdam
Doen die Damwal-toer waar mens binne die wal ingaan.
Casper S. - 7th March 2018
staying in Gariepdam
Pragtige skoon en ons in beïndruk met die natuurskoon. Diens by die restaurant by die garage was baie goed en goeie geselskap. Ons is werklik beïndruk met die plek en dankbaar vir die onlangse reën wat sonsondergang pragtig op die damwater laat blink.
Ria L. - 5th March 2018
staying in Gariepdam
Dit is altyd heerlik om in die omgewing oor te slaap.
Ben V. - 25th February 2018
staying in Gariepdam
Goeie oornag geriewe vir op pad.
Nicolaas (nic) G. - 21st February 2018
staying in Gariepdam
Tans baie leeg a.g.v. droogte, maar pragtige omgewing.
Antoinette K. - 18th February 2018
staying in Gariepdam
Pragtige plek om oor te bly. Stilte praat met jou.
Maria T. - 14th February 2018
staying in Gariepdam
Pragtige dam. Lekker restaurante en baie geskiedenis in die Norvalspont dorpie en area. Jammer dit is so droog daar, want die dam is nogal leeg. Bootritte op die dam ook baie lekker uit 'n vorige ondervinding.
Annelise V. - 13th February 2018
staying in Gariepdam
Die oord het bietjie agteruit gegaan sedert ons laas daar was, maar nie so drasties soos die dorpie self nie. Ons sou graag wou sien dat die boonste dorpswembad weer is soos jare terug. Dis baie hartseer om 'n dorp waar soveel kinderherinneringe opgebou is net so verniel kan word.
Koos V. - 7th February 2018
staying in Gariepdam
Mooie Locatie.
Reneir J. - 5th February 2018
staying in Gariepdam
Prentjiemooi.
Johan J. - 1st February 2018
staying in Gariepdam
Rustige plek met vriendelike mense!
Gideon B. - 30th January 2018
staying in Gariepdam
We always stay at Gariep Forever Resort in the camping site en route to Cape Town - which is often. This time around we did not travel with our camper and had to book alternative accommodation. On our return from Cape Town we stayed in one of the chalets at the resort, and for the price they charged, we stayed in luxury. A little bit more than the normal rate of Gariep Gardens.
Hermina M. - 27th January 2018
staying in Gariepdam
Pragtig.
Paul N. - 23rd January 2018
staying in Gariepdam
Needs a spa in the town for weary travellers.
Yvonne D. - 22nd January 2018
staying in Gariepdam
Ons gasvrou het vir ons 'n bespreking vir 'n bootvaart op die dam gemaak, op versoek. Dit was nogal 'n belewenis en 'n mens besef eers hoe groot hierdie dam werklik is wanneer die kaptein jou die geskiedenis oor die dam leer.
Lynne L. - 19th January 2018
staying in Gariepdam
Ken nie die dam as 'n toeristebestemming nie.
Jane L. - 18th January 2018
staying in Gariepdam
Die Gariepdam is pragtig, saam met goeie akkommodasie sal dit 'n fees wees om daar vir 'n dag of twee te bly.
Adrie V. - 18th January 2018
staying in Gariepdam
Nie baie rondgery nie, maar mooi omgewing.
Paul N. - 17th January 2018
staying in Gariepdam
Limited choices for sundowners with a view and air-con.
Jacques H. - 12th January 2018
staying in Gariepdam
Pragtig! 'n Moet-sien!
Willie V. - 11th January 2018
staying in Gariepdam
Altyd lekker om by een van die vele oornagplekke hier te vertoef.
Deon V. - 11th January 2018
staying in Gariepdam
Indien jy nog nie daar stilgehou het nie, is dit die moeite werd om 'n bietjie tyd daar te spandeer.
Natasja J. - 11th January 2018
staying in Gariepdam
Baie mooi area.
Mariska M. - 8th January 2018
staying in Gariepdam
Waarde vir geld.
Yolandi D. - 7th January 2018
staying in Gariepdam
Ons was op 'n wonderlike bootrit op die Gariepdam. Dit was pragtig om op die water te wees. Die toergids het soveel kennis gehad en het die rit nog meer interessant gemaak.
Estie B. - 7th January 2018
staying in Gariepdam
Definitief die moeite werd om te besoek. Asemrowend, net jammer van die watervlak wat so gedaal het.
Isel D. - 7th January 2018
staying in Gariepdam
Die damwal is baie insiggewend met sy geskiedenis en ontstaan. Tensy jy by die ATKV-oord bly is daar geen toegang tot die dam wat ek van bewus is nie. Sal graag by die dam self wil visvang, indien iemand na ons kan terugkom met akkommodasie (buiten die ATKV oord) wat vir visvangers voorsiening maak? Baie mooi natuurskoon, net jammer oor die droogte wat die watervlak baie laag gemaak het.
Erich V. - 6th January 2018
staying in Gariepdam
Dorpie is maar klein.
Hennie S. - 3rd January 2018
staying in Gariepdam
Dis 'n ideale oornag plek vanaf Durban (ons bestemming) na Kaapstad.
Bernadine M. - 3rd January 2018
staying in Gariepdam
Die dam is verskriklik groot en pragtig, die uitsig is soos 'n droom.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za