Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1518 resensies.
"As gevolg van die Covid-19 kon ons nie alle plekke besoek wat ons wou nie. Ons het hoofsaaklik op wandelpaaie gekonsentreer en dit baie geniet."
"Daar is baie dinge om te doen in George, van paragliding tot 4x4-motorfiets, tot aarbeiplaas, ook naby Oudtshoorn wat wildtuin het en Knysna met hulle pragtige natuurskoon. Ook baie lieflike weer, alles is groen en mooi."
"Baie ander aktiwiteite om te doen, ten spyte van die strande wat gesluit is. Baie plaaslike besighede om te ondersteun."
"Ek is 'n voëlkyker. Dalk kan George 'n brosjure ontwikkel wat al die voëlkykplekke in die omgewing aandui. Dalk ook 'n soortgelyke kaart met al die eetplekke en restaurante."
"Pragtige dorp met interessante juweeltjies om te besoek. Genoeg om te doen. Heelwat koffiemeule vir ernstige koffieliefhebbers."
"George is super clean, has all the shops you need and is the perfect place, close to the beach, trial running, cycling, hiking, fishing spots. Would love to live there one day!"
"George is nie meer George nie. Mosselbaai is vir seker die beter opsie vir jong familie."
"George is a must visit place before one reaches their expiry date on earth. It's beautiful and refreshing."
"Baie gerieflike plek om die Tuinroete te doen en te verken. Waarde vir geld beslis."
"Fantastiese dorp! Vir ons Gautengers is dit baie verfrissend om weer herinner te word aan hoe kwaliteit van lewe nou weer voel."
"Brilliant destination to visit, the air is so clean with so many natural sites, beaches are second to none, love George."
"Die weer was nie vir my lekker nie, ek het die warm Boland gemis, maar ek het aangepas. Ek wou graag swem maar dis te koud. George is ’n mooi plek en ek sal weer vakansie daar wil hou, sal net beter beplan wat om te doen."