Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1021 resensies.
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Die mall is fantasties. Die winkels en eetplekke soos Wimpy en Spur in die mall is uitstekend."
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Baie mooi en goeie omgewing om 'n wegbreek te maak. Hier kan jy jouself weer vind."
"Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen."
"George is centrally and conveniently situated in relation to surrounding tourist attractions."
"Pragtige boomryke omgewing. Rustige buurt. Dit is 'n entjie weg van die winkels en die see."
"As jy inkopies wil doen is die Garden Route Mall net die plek. Baie parkering en genoeg winkels om van te kies."
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"George is 'n wonderlike toeristebestemming. Sentraal geleë tussen Knysna en Mosselbaai met al die kleiner strande tussenin. As dit nie vir my kleinkinders wat in Gauteng woonagtig is nie, sou ek dit ernstig oorweeg het om my in George te vestig!"