Geverifieerde Resensie
Gqeberha (Port Elizabeth)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gqeberha (Port Elizabeth) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1075 resensies.
"Groot druk op water verbruik en ons het self beurt water ondervind. Geen water vanaf 16h00 tot 04h00. Ons kon egter maklik aanpas en het dit nie as 'n ongerief ervaar."
"Interessante eetplekkies, vriendelike mense, baie besienswaardighede, naby Jeffreys, geen waterprobleme ondervind nie (net spaarsamig), skoon met enkele uitsonderings."
"Gqeberha (Port Elizabeth) robots were not working. Caused a lot of traffic delays. "
"Summerstrand is ons geliefkoosde voorstad om te bly met vakansie. Kan lekker langs die see gaan stap."
"Alles is naby. Lieflike strande en min verkeer. Goeie winkels, restaurante en natuurskoon."
"As 'n ou Despatcher is ek teleurgrsteld oor die agteruitgang en haglike toestand van PE en omliggende dorpe. Alles in uiters swak toestand, paaie vol slaggate, verkeersligte buite werking, paaie gebrand en werklikwaar 'n seer oog om te aanskou. Die eens pragtige PE en omliggende dorpe het regtigwaar 'n finansiële inspuiting en Goddelike ingryping nodig om te floreer."
"Port Elizabeth is 'n perfekte toeristebestemming. Kilometers om langs die see te stap, draf of fiets te ry en strande om te swem (water is nie so koud soos in die Kaap nie en branders nie so erg soos in Natal nie). Natuurparke (van ongerepte duine, inheemse bosse tot renosters) en pikkewynsentrum. Duisend en een koffiewinkels en restaurante om van te kies. En baie vriendelike mense!"