Resensies van Hogsback

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hogsback bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.61 uit 5 gekry volgens 116 resensies.
Branden H. - 13th February 2019
staying in Hogsback
Quaint town, not much to do unless you want to eat, eat and eat (though that may have been due to the rainy few days, I'm sure you could find quote a bit to do in the sun). The walk to the big tree was great, signage is poor though so plan a little extra time for getting lost (or take a photo of the map on the notice board).
Pieter D. - 14th January 2019
staying in Hogsback
Prentjiemooi.
Charlene D. - 13th January 2019
staying in Hogsback
Die luuksheid wat jy in Hogsback aantref word effens oorskadu deur die vreeslike armoede waardeur mens ry voor jy by Hogsback kom, so dit laat jou ongelukkig soos 'n ryk skurk voel.
Friedrich D. - 10th January 2019
staying in Hogsback
Ons gaan dit ons familiebestemming maak.
Leon D. - 7th January 2019
staying in Hogsback
Hogsback is een van daai plekke wat mens eintlik nie 'n resensie oor wil skryf nie - want mens wil sy bekoring vir jouself hou en ook nie laat te veel mense van hierdie juweel in ons land weet nie. 'n Berg-woud bestemming wat amper ander-wêrelds is, voorwaar uniek. Vir die natuurliefhebber is Hogsback 'n moet! Vir die met 'n kunstige inslag, ook 'n moet. Ek kom beslis weer terug, miskien volgende keer in die winter. Die groot inheemse woude met kranse is asemrowend!
Jinnie S. - 2nd January 2019
staying in Hogsback
Skilderagtige dorpie met interessante plekkies om te besoek. Baie mooi natuur en staproetes.
Peggy S. - 31st December 2018
staying in Hogsback
A very quaint village with fantastic walks.
Alison Z. - 31st December 2018
staying in Hogsback
It is a magical, interesting, welcoming and wonderful slice of beauty!
Shantal M. - 23rd December 2018
staying in Hogsback
Fresh mountain air and lost in the woods, great place to clear the mind.
Martie T. - 25th October 2018
staying in Hogsback
Sal altyd terugkom vir nog ongelooflike wegbreek tye.
Daan L. - 8th October 2018
staying in Hogsback
Eetplekke is nie baie goedkoop nie.
Elaine V. - 2nd October 2018
staying in Hogsback
Pragtige klein dorpie. Ons kon ons oë nie glo nie toe ons vanaf die kaal gelyktes met die pas opgaan en voor ons lê die dorp volop met bome, blomme en struike. Ons kon 10 van hulle tuine besigtig teen 'n fooi van R75, alhowel 5 daarvan net op afspraak was en hulle telefone is nie beantwoord om afsprake te maak nie. Ons is ook aangeraai om eerder middel Oktober te kom wanneer die blomme in volle blom is. Sal beslis weer kom kuier veral as daar sneeu is want dit lyk dan glo prentjie mooi.
Nolinda P. - 25th September 2018
staying in Hogsback
Strate is vol gate. Moeilik om gate mis te ry. Natuurskoon is wel asemrowend.
Willa B. - 25th September 2018
staying in Hogsback
Restaurante in die hoofstraatjie is belaglik duur. Kies eerder die afegeleë plekkies en gaan soek na plekkies soos Away with the Fairies. Baie unieke pub met die heerlikste pizza en mooiste uitkykpunte, staproetes en kampeerplek.
Milda O. - 18th September 2018
staying in Hogsback
Pragtige plek, maar raak ook erg vervalle. Strate amper onrybaar.
Callie M. - 31st July 2018
staying in Hogsback
'n Goed bewaarde geheim.
Sandy M. - 30th July 2018
staying in Hogsback
Magical klein dorpie. Inwoners is so vriendelik en behulpsaam!
Eliza N. - 20th July 2018
staying in Hogsback
Pragtig!
Karin M. - 19th July 2018
staying in Hogsback
Sommige van die snuistery winkels en restaurante is nie oop op 'n Maandag nie. Die kerkie is 'n moet sien.
Joelene M. - 16th July 2018
staying in Hogsback
Net hulle paaie moet opgeknap word. Baie slaggate.
Helga B. - 15th July 2018
staying in Hogsback
Veral vir die natuurliefhebbers wat hou van stap en wandelroetes doen!
Yolandi B. - 9th July 2018
staying in Hogsback
Dis soos 'n klein sprokies plek vol interessante mense en areas!
Lizette P. - 7th July 2018
staying in Hogsback
Ons hartsplek! Dis 'n groot draai om daar te kom, maar dis al die derde keer dat ons teruggaan. Ongelooflik!
Jeanne M. - 5th July 2018
staying in Hogsback
Hoofstraat in slegte toestand.
Karen R. - 2nd July 2018
staying in Hogsback
Wonderlike plek om ons pragtige natuurskoon te geniet.
Danie L. - 1st July 2018
staying in Hogsback
Interessante dorpie om te verken. Mooi natuur. Jammer vir die verskriklike slegte strate, want dit is so 'n mooi toeristebestemming.
Mary-ann H. - 12th June 2018
staying in Hogsback
Die een ster word net verloor omdat die pad verskriklik sleg is. Baie diep gate en daar word niks aan gedoen nie. Baie om te sien en te doen, maar die huurkarretjie het dit gemaak, al het dit soms gevoel ons skud ons longe los.
Rian R. - 29th May 2018
staying in Hogsback
Pragtige boomryke omgewing met baie watervalle.
Ronel M. - 23rd May 2018
staying in Hogsback
'n Klein paradys.
Francois S. - 6th May 2018
staying in Hogsback
Pragtige dorpie in reënwoud met lekker eetplekkies en paradys vir stappers met staproetes vir almal.
Stephan J. - 17th April 2018
staying in Hogsback
Hulle moet iets doen omtrent die paaie. Die potholes is vreeslik en as jy nie 'n 4 x 4 ry nie is dit moeilik.
Jaco Snr H. - 7th April 2018
staying in Hogsback
Pragtige omgewing. 'n Moet vir elke reisiger.
Elrika V. - 22nd March 2018
staying in Hogsback
Die paaie is maar rof en staproetes verwaarloos maar dis alles die moeite werd om soveel natuurskoon te kan ervaar.
Antoinette V. - 14th March 2018
staying in Hogsback
Wonderlike omgewing, maar paaie en infrastruktuur laat veel te wense oor. Sommige staproetes onveilig weens ontbrekende roete aanwysings en gebrekkige instandhouding. Tog wel die moeite werd.
Barend S. - 1st March 2018
staying in Hogsback
Vergeleken met andere oorden in Suid Afrika lijkt de algemene infrastructuur van iets mindere kwaliteit, soos paaie, bewgwijzering wandeltracks enz.
Yvonne D. - 7th February 2018
staying in Hogsback
Hogsback se ongerepte natuurskoon, die watervalle en die oulike dorpie behoort op elkeen se "bucket list" te wees. Een dag is beslis nie genoeg om alles te sien nie. Volgende keer kom ek vir 'n volle week.
Pikkie V. - 5th February 2018
staying in Hogsback
Sielsverrykend.
Johan P. - 14th January 2018
staying in Hogsback
Jy mag dit nie mis nie!
Adriaan P V. - 13th January 2018
staying in Hogsback
Twee dae is definitief te kort - bly 'n week!
Corné N. - 10th January 2018
staying in Hogsback
Asemrowende natuurskoon!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za