Resensies van Hogsback

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hogsback bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.61 uit 5 gekry volgens 116 resensies.
Marié V. - 5th January 2018
staying in Hogsback
Mooi omgewing, maar as dit reën of bewolk is, is daar min dinge om te doen.
Moekie K. - 31st December 2017
staying in Hogsback
Excellent for hiking and cycling and enjoying nature. Unexpectedly cool in summer.
Jp D. - 18th December 2017
staying in Hogsback
‘n Plek wat almal gerus op hulle reislys kan sit, indien nog nie daar was nie!
Saki M. - 14th December 2017
staying in Hogsback
Hogsback is 'n sprokiemooi klein dorpie in die Amathole berge, een van die mooiste plekke om te gaan stap of bergfietsry.
Wendy B. - 6th December 2017
staying in Hogsback
Phone Graham Russell to go on a 3-hour birding trail to find parrots or narina trogon amongst others.
Ertjies O. - 7th November 2017
staying in Hogsback
Baie lekker.
Debora N. - 28th October 2017
staying in Hogsback
Heaven on earth. Loved the trails. Had an outstanding food experience at Nutwoods.
Schalk H. - 18th October 2017
staying in Hogsback
The Lighthouse maak die lekkerste hamburgers.
Mariaan O. - 9th October 2017
staying in Hogsback
Die dorpie moet op almal se "bucket list" wees!
Laurette B. - 27th July 2017
staying in Hogsback
Hogsback is 'n heerlike wegbreek. Dit is ongelooflik mooi en rustig en bring jou weer na aan die natuur. Die staproetes en watervalle is pragtig.
Stefan T. - 25th July 2017
staying in Hogsback
Ek sal weer gaan.
Nico H. - 20th July 2017
staying in Hogsback
Dit bly 'n top bestemming vir buitelug avontuur. Ons was ongelukkig nie op 'n Saterdag daar om n Park run by The Edge te kon meemaak nie.
Nanetta M. - 17th July 2017
staying in Hogsback
We love Hogsback as a travel destination, lots to do and friendly people. Highlight is always the Eco Shrine and the Edge. The Madonna and Child is a must and the horseback riding is a must a Lowestoffe. We will definitely do the abseiling next time.
Mien & Tom B. - 11th July 2017
staying in Hogsback
It's a very tired looking area. In desperate need of overall maintenance and upgrade.
Alta I. - 8th July 2017
staying in Hogsback
Die hoofstraat is vol slaggate!
Koos S. - 24th May 2017
staying in Hogsback
Watervalle besoek is 'n MOET. Absoluut asemrowend!
Dennis G. - 16th May 2017
staying in Hogsback
We will be back! Hogsback has so much to offer.
Christian V. - 15th May 2017
staying in Hogsback
Hogback is sprokiesmooi met vriendelike mense. Net jammer baie van die plekkies was toe a.g.v. 'n besige lang naweek. Uitstaande plekke. Lighthouse Ranch, Fairy Garden, Butterfly Bistro.
Melissa S. - 5th May 2017
staying in Hogsback
Neem alle kos en genoeg kontant.
Clara W. - 5th May 2017
staying in Hogsback
Hulle noem dit nie verniet 'the village' nie- die gemeenskap is baie vriendelik en daar is fantastiese restaurantjies en 'n heerlike atmosfeer. Asemrowende natuurskoon. Besoek die Arboretum, groot boom en die talle watervalle!
Koos G. - 23rd March 2017
staying in Hogsback
Kwaliteit van restaurant is baie goed. Die natuur is uitsonderlik mooi. Ons beplan klaar ons volgende besoek in die lente.
Riana K. - 14th March 2017
staying in Hogsback
Moenie haastig wees om huis toe te gaan nie. Ideale plek vir Sabbaticle!
Bridget C. - 1st March 2017
staying in Hogsback
We loved it there! Lovely walks in the cool forests.
Dawie K. - 27th February 2017
staying in Hogsback
Die ongelooflik slegte grondpaaie skep 'n uiters slegte indruk. Verder verwag 'n mens dat die plantegroei 'n belangrike aantrekkingskrag van Hogsback moet wees, maar die verwagting word gou 'n teleurstelling weens die dominansie van uitheemse bome, struike en onkruid. Ons was te kort daar om hierdie indruk verkeerd te bewys en ons sal weer gaan om areas te soek waar die omgewing minder versteur is. By The Edge was ons ondervinding baie positief, die ligging is baie goed, die mense (en honde) is vriendelik en die kos baie goed.
Piet S. - 6th January 2017
staying in Hogsback
Heerlike dorpie, maar te veel toeriste. Ek raai aan om nie tydens die Desembervakansie te gaan nie.
Marnus S. - 15th December 2016
staying in Hogsback
Ongelooflik mooi. 'n Werklike unieke dorp in die republiek.
Lynette N. - 24th October 2016
staying in Hogsback
Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga.
Rossouw K. - 24th October 2016
staying in Hogsback
Paradys in die kleine!
Hantie C. - 4th October 2016
staying in Hogsback
Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek.
Lana H. - 1st August 2016
staying in Hogsback
'n Belewenis van natuurskoon, watervalle, en plattelandse sjarme.
Martin E. - 30th July 2016
staying in Hogsback
Ons het dit baie ongelukkig getref. Dit het ontsettend baie gereën terwyl ons daar was. Ons kon dus baie dinge nie sien of nie doen nie.
Ilze B. - 1st July 2016
staying in Hogsback
Asemrowend.
Paul N. - 7th October 2015
staying in Hogsback
Ideaal vir avonturiers.
Marianne R. - 11th August 2015
staying in Hogsback
Herinner aan Graskop!
Petra B. - 28th July 2015
staying in Hogsback
Mooie plek en fijn huis.
Lodewikus C. - 22nd June 2015
staying in Hogsback
Ek was teleurgesteld met Hogsback. Dit het agteruitgegaan van wat ons 9 jaar terug daar was.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za