Geverifieerde Resensie
Hondeklipbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 273 resensies.
"Although there is abject poverty amongst the local community, we never felt unsafe at any time. Apart from the few sightseeing sites/tourist attractions, there is not much to do, except to enjoy the views, read your favourite book or have a braai with friends and family. There is cell phone reception and the WiFi worked well during our stay. It is recommended to plan your trip well by taking along everything you will need, eg. groceries, drinking water, firewood, etc. We engaged with the local community and found that they need a lot of encouragement to keep on keeping on. They live in hope that things will turn for the better so that the community can be uplifted. "
"As 'n dorpie wat baie van die nabygeleë myn afhang het Hondeklipbaai geen beurtkragprobleme nie! Die feit dat vars snoek ook amper elke dag in die baai te koop is maak dit seker een van die mees gesogte dorpe in SA. Die winkeltjes op die dorp is klein maar hou omtrent alles aan wat mens kan nodig hê op 'n vakansie. Die drankwinkeltjie kan die dorsprobleme hanteer en die restaurante is perfek vir die tye wanneer jy nie wil/kan braai nie."
"Hondeklipbaai is baie lekker as jy wil weg kom van alles. Ek het nie MTN-sein gehad waaroor ek eintlik bly was. Die winkels wat daar was is net baie duur, maar dit verstaan mens ook want die pad is maar sleg."
"A safe, hospitable and friendly destination. Well worth a visit to experience the unique small fishing village vibe with stunning sunsets and wonderful natural surrounds. We’ll be back!"
"Dit is 'n baie klein plekkie, daar's nie groot winkels nie, ook nie petrol nie. Gooi vir die laaste keer in voordat jy afdraai na Hondeklipbaai. Ons Camini het daar begin, en wat 'n belewenis. Dis lewensveranderend. Die Dop en Kreef Restaurant is so eie aan die plek met die lekkerste viskos. Baie dankie!"
"Wow, meer as wat ek verwag het. Dis een ongerepte, ongelooflike, lieflike plekkie wat ek sommer my tuiste wil maak."
"'n Moet besoek. Gaan eet by die Rooi Spinnekop restaurant. Andre die eienaar is baie vriendelik en sy kos is fantasties."
"As jy 'n luukse vakansie met baie doendinge verwag, is dit nie die plek vir jou nie. Regte visserman-dorpie. Pragtige strande wat jy slegs met 'n 4x4 kan bereik."
"Restaurant se kos is tops en as die vissers terugkeer met hul vangs is dit 'n belewenis om te sien hoe 'n mens van die see kan lewe."
"Dit is 'n pragtige skoon dorp. Mens kan sien die munisipaliteit sit geld terug in die dorp in. Die ondervinding is definitief die van 'n Noord-Kaap omgewing. 'n Plek waar mens rustig kan word. 'n Moet bestemming."
"Baie rustige atmosfeer, as jy 'n week hier moet bly sal jy soos 'n nuwe mens voel. Die paaie is nie te sleg nie."
"Dit was vir my baie hartseer dat die Kreef fabriek so verwoes is. Die paaie was net erg sleg as vevolg van die baie reën en die pad tussen Hondeklipbaai en Koinaas was weggespoel. Kan vir baie langer tye daar gaan rus. Die sonsondergang en die see is net wonderlik. Dis 'n wonderlike plek."
"Besoekers aan Hondeklipbaai onthou om genoeg kontant saam te neem en alles wat jy nodig het vir jou verblyf. Naaste inkopieplek is Springbok. Daar is privaat restaurantjies om lekker te eet. Wees gereed om baie grondpaaie te ry. Meeste van die paaie is in 'n goeie toestand."
"As jy gaan vir rustigheid en om weg te kom van die stad se lawaai is dit die plek vir jou. Daar is egter nie baie om te sien in Hondeklipbaai nie maar ons het lekker gekuier by Dop en Kreef."