Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Hondeklipbaai

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 325 resensies.

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie stilte en veilige omgewing."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Groot jammerte dat die kreeffabriek se geboue nie omskep word in huisvesting of toeriste attraksie nie, dit sal werkskepping meebring vir die gemeenskap."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Restaurante is puik, die baai is pragtig. Geen winkels - bring alles self saam! Regtige oulike plekkie!"

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Wat 'n verrassing! So blertsie teen die Weskus, vriendelike mense en die mooiste mooiste kuslyn! Die wrak is maklik om by uit te kom en as jy graag foto's neem gaan jy baie besig wees. Hondeklipbaai is ook redelik sentraal vir blommekyk of duine ry en ook om net stadig te stap en die lewe in te neem. Ongelukkig is daar maar bedelaars waarop gelet moet word, maar hulle los jou gou uit as jy nie reageer nie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Hondeklipbsaai is 'n mooi bestemming. Daar is besienswaardighede al is dit so 'n klein plekkie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dis is ’n moet om die plekkie te besoek."

Hondeklipbaai

By die Baai

"The village and surrounding area has a lot to offer. The Namaqua National Park is a must. A visit to Spoiegrivier caves, the seal colony and farm museum are attractions in the area. Pity it is not marketed more."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Lekker Weskus-see-ervaring."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Heerlik daar gebly."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Dit was seker n wonderlike plakkie toe mense nog omgegee het, maar die plak is vervalle met half afgebreekte geboue en rommel wat in die geboue ophoop. Hulle sal regtig moet saamstaan en begin om die plek reg te kry, anders gaan hulle totaal en al verval. Dit is baie mooi daar, maar die inwoners sal moet inspring en werk maak."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Dis dalk te rustig vir my. Daar is geen winkel wat braaivleis of tydskrifte verkoop nie. Net klein tuck shops. Ek sal persoonlik nie meer as 2 aande daar deurbring nie."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Die perfekte plek om te rus!"

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Die mense is net so vriendelik."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Hondeklipbaai is 'n baie klein, stil dorpie. Ons het twee aande by Nicky oornag om die skeepswrakketoer van Dudley Wessels by te woon. Dit was 'n besondere daguitstappie gewees en ek kan dit definitief aanbeveel. Moet 4x4 vir die roete bring. Geen groot winkels, so bring maar jou vleisie en goedjies saam om 'n lekker braai op jou stoepie reg by die see te geniet."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Pragtige baai, rustige dorpie. Moenie veel verwag nie, daar is eintlik niks. Jy gaan soontoe vir rus."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Hondeklipbaai is 'n plek met baie interessante naamborde en vriendelike inwoners, sout van die aarde mense. Sammy se vis is uitstekend en 'n moet wanneer jy daar kuier. 'n Heerlike en ontspanne atmosfeer heers oor die dorpie! Die vissermanne trakteer mens die hele tyd met hulle sêgoed wanneer hulle van die bote afkom. Gaan geniet Hondeklipbaai-mense en bly by die Honne-Pondokkies!"

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Dorpie bietjie afgeleef en mense kry swaar. Tog is almal so gasvry en wil graag help. Sulke plekkies moet deur toeriste gehelp word om te oorleef."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Veilige, rustige dorpie. Lekker vir 'n naweek se wegbreek."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Feels safe but the gravel road makes the trip a bit uncomfortable."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Vissersdorpie en 'n moet om te sien."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Baie oulike dorp vol interessanthede!"

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie mooi, rustige plekkie. Twee lekker eetplekke, Dop en Kreef by die hawe en Die Rooi Spinnekop. Daar is 'n klein kafeetjie, Die Ark, maar vat alles wat jy sou nodig het saam. Koop 'n vars snoek by die hawe en geniet die stilte."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"The road to Hondeklipbaai was really bad. Parts of the town is old and very tired. The local municipality needs to demolish the half torn down buildings at the harbour. The town do have lots of potential!"

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Lekker rusdorpie."

Hondeklipbaai

Vori-Klip Accommodation

"Wonderlike rustige en stil dorpie. Ons het elke oomblik geniet, baie gestap en baie rondgery op die paaie rondom Hondeklipbaai. Heerlik ge 137et by Dop en Kreef. Pragtige foto's geneem en heeltemal uitgerus."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel: Oubaas

"Pragtig en onskuldig mooi."

Hondeklipbaai

Fisherman's Cottage

"Rustige, stil dorpie, vriendelike mense, heerlike koel weer."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Gaan kyk self jy sal dit geniet/waardeer."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Die een nadeel om naby die baai te bly is die geraas wat die mense maak en harde musiek deur die dag. Al die paaie na en om Hondeklipbaai is verskriklik sleg, van die slegste wat al teëgekom is. Verder is dit 'n baie mooi bestemming."

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"Hondeklipbaai is 'n sjarmante en outentieke Weskus-dorpie sonder die gemaal van toerisme soos in Paternoster, Yzerfontein. Die pad tussen Garies en Hondeklipbaai is egter 'n nagmerrie as mens dit aanpak met 'n sedan motor. Die verwagte 1 uur reistyd het ons twee ure geneem."

Blad
Blad 5 - Wys 121 tot 150
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem