Geverifieerde Resensie
Howick
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Howick bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 172 resensies.
"Howick is in 'n pragtige omgewing geleë. Watervalle, damme en heerlike koffiewinkels is vir seker 'n trekpleister vir ons."
"Howick het, soos al hierdie land se plattelandse dorpe, in groot verval verval. Wil huil daaroor."
"Soos enige munispaliteit,wanneer jy inkom is daar groot groot slaggate, om een roete te volg sal jy gereeld moet stop om uit vind of jy nog op die regte pad is, die waterfalgebied is 'n gemors, veral oor naweke."
"Van uiteet tot die adrenaliensoekers of natuur-liefhebbers, Howick bied alles"
"Ons geniet dit altyd in hierdie omgewing met al die besienswaardighede en Natalse gasvryheid!"
"Die watervalbesoek was altyd een van my hoogtepunte wanneer ek in Kwazulu-Natal gekom het. Ek was teleurgesteld in die omgewing van die waterval. Dit was morsig en ietwat onveilig. Dis nie meer die romantiese park-omgewing wat dit vroeër was nie."
"The only downside regarding the area, were the potholes on the Currys Post/Howick Road - by day one had to navigate carefully through sections, but at night they are potentially hazardous."