Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1913 reviews.
"Die dorpie is mooi. Die omgewing is baie interessant, veral die Seweweekspoort. Beslis die moeite werd om hierdie natuurwonder te besoek."
"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "
"Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier."
"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "
"Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet. "
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Dis 'n baie skoon netjiese dorpie. Die SALT was ongelooflik, en dit is die eintlike rede hoekoms ons Sutherland besoek het. "
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."