Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4802 reviews.
"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
"Wind onvoorspelbaar soos wat die Kaap maar is maar die pragtige uitsig en omgewing maak definitief op vir die dae wanneer die suid-ooste wind sy spiere wys. Die strandjie is privaat en nooit oorvol nie. "
"Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun."
"Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is. "
"Was baie besig die Saterdag en toiletwater by die strand het in die see ingeloop wat gestink het."
"Die ligging van die gastehuis is perfek, strate is netjies en goed gemerk dus kan jy maklik by jou bestemmings uitkom."
"Die verkeer is ook maar besig spitstye soos die hele Kaap en Boland. Blouberg bly steeds 'n lekker uitspanplek, veral vir klein kinders wat in die vlak water en poele wil speel."
"Tamboerskloof has a variety of vibrant hanging out places and restuarants, great area!"
"Smithland is naby genoeg aan die N1 om dit toeganklik tot toerisme plekke te maak."
"Wij komen hier al jaren en vinden de plaats behoorlijk veilig. Vooral Tijgervally is een bezoek waard."
"We used the accommodation to stay over as my sister in law is sick and we needed to visit her, I would not recommend it as a holiday accommodation as per say, only for short periods for business or as in my case to visit a sick relative. "
"Bellville is 'n pragtige groot dorp. Dit was ook baie sentraal vir al die plekke wat ons besoek het. Dit is ook lekker naby die lughawe."
"Dit hang af hoekom jy in Kaapstad is. As wynplase toer deel van die plan is, is Durbanville baie goed geleë. Ook lekker naby aan die hoofweg vir Kaapstad self. "
"Kommetjie is 'n wonderlike toeriste bestemming vir enige toeris wat die wonders van die natuur wil beleef. Die mense is baie vriendelik. Water is baie koud en meer bedoel vir mense wat wil surf."
"Baie lekker sentraal naby die see en Blouberg. Nie te ver van Canal Walk Sentrum nie, vir die mense wat eerder wil geld spandeer as vakansie hou."