Verified Reviews
Karas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karas
Rated 4.1 out of 5 based on 179 reviews.
"Ons het herinneringe uit ons kinderdae beleef en ons harte het daar agter gebly. Die mense is almal vriendelik en praat Afrikaans. Ons het nie geweet wat om te verwag tydens ons besoek aan die Departement Binnelandsesake in Keetmanshoop nie, maar was heerlik verras met die effektiewe en vriendelike diens deur Mnr. Steenkamp en sy span. "
"Ongelukkig is daar nie veel vir die toeris om te doen nie, maar is goed vir oornagverblyf."
"Luderitz is very interesting both scenically and especially historically, eg Kolman`s Kop, Shark Island, etc. The dirt road network to Diaz Point and the the various bays was good. Generally speaking, a very good and interesting experience."
"Ons was gelukkig t.o.v. die weer wat meegebring het dat Luderitz sommer diep in ons harte gekruip het. Beslis een van Namibië se wonderlikste juwele."
"Luderitz baie geniet. Gedeeltes gesien soos bv. Diaz punt wat ons nog nie voorheen gesien het nie. Verkies egter Walvisbaai en Swakopmund."
"Pragtige, skoon dorp met pragtige ou argitektoniese geboue en vriendelike mense. "
"Ryk geskiedenis en besienswaardighede. Die toeriste potensiaal is egter onderontwikkeld. Die museum kort 'n nuwe gesig. Meer borde met die verduidelikking van die geskiedenis, sowel as beter toiletgeriewe word vereis. "
"Dit was my eerste maal in Luderitz en omgewing. 'n Plekkie met 'n bekoring. Ek is jammer ons het nie bietjie langer gebly nie."
"Baie besienswaardighede. Die wind kan in die oggend bietjie sterk wees, maar bedaar in die middae."
"Lovely place with friendly people, but really odd eating establishments that close too early and sometimes just won't serve you if they're too busy."
"'n Moderne, koloniale Duitse dorpie in 'n maanlandskap is die beste manier om die plek te beskryf, maar daar is so baie om te doen en te sien. 'n Móét vir elke besoeker na Namibië!"
"Probeer om nie met sonsondergang in Mei-maand by Lüderitz aan te kom nie. Ons het dit gedoen en omdat ons die laaste paar kilometers dorp toe direk in die son in moes ry, was dit moeilik om op die pad te bly."
"Fabelagtig, maar baie arm. Hoop meer toeriste vind 'n tuiste daar sodat dorpie meer kan ontwikkel! Daar is soveel om aan te bied!"
"Die plek is nou wel klein, maar die tye van sommige toeriste aantreklikhede kan so bietjie heel dag oop bly. Nie van 15:00 -17:00 nie."