Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Ek glo alles wat mens nodig het is in Beaufort-Wes te kry en te sien. Daar is baie besienswaardighede wat jy by die inligtingsentrum sal kan uitvind."
"So 'n lieflike ou dorpie, maar die pragtige geboue in die dorp word nie almal mooi onderhou nie."
"Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse."
"Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd."
"Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."
"Ons vul altyd ons voertuig met petrol in Britstown wanneer ons in daardie rigting reis. Ons het nog altyd net goeie ondervindinge daar gehad."
"Baie rustig en ontspanne atmosfeer. Lekker om net te kan ontspan na 'n lank rit op die pad."
"Baie oulike restaurante, indrukwekkende ou geboue en vriendelike mense."
"Sal definitief sê dit is 'n dorpie waarvoor mens meer as net 'n halwe dag voor benodig."
"Dit is 'n baie mooi en skoon dorp en daar heers 'n baie lekker atmosfeer in die aand. Die mense is baie vriendelik. Volgende keer sal ons langer bly. "