Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Ons het nie regtig tyd gehad om Carnavon self te besoek nie, net daardeur gery en geslaap. Dit lyk na 'n baie oulike, netjiese dorpie."
"A good place to sleepover on your way to Cape Town. Not much to do there. People of Beaufort West are friendly."
"The Karoux Restaurant gave excellent service, even after closing time. ."
"Ons sou nou nie 'n week kon vertoef in Carnavon nie en die dorpie is maar klein, maar ons het heerlik oorgeslaap en uitgerus en het aandete in die hotel geniet. Daar was is nie voldoende fassiliteite in die dorp om ontbyt te eet nie en dit sou moes verbeter voor ek dit as 'n toeristebestemming kon beskryf."
"Hier moet jy gaan draai, dit is 'n besonderse plek wat moet beleef word. Een dag is nie genoeg nie."
"Venterstad self nie aanbeveel nie, maar gastehuise op plase in die omgewing is aanbeveelbaar."
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na Gauteng. Spur het aan alle verwagting voldoen het."
"Vanderkloof se omliggende paaie is nie in die beste toestand en verlang dringend aandag. Die dorpie self is baie aangenaam."
"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."
"Baie om te besigtig, jy kan halfpad opry met Swartbergpas, wat met aangryplike klowe en asemrowende uitsig beloon word (die mooiste deel van die pas) en terug keer binne 45 minute (14 km) terug wees in dorp. Netjies goed versorgde dorpie, lekker veilig stap in dorp tussen die netjiese, klassieke Karoohuisies! Ervaar Karoo-gasvryheid!"
"'n Pragtige dorp met hope interessante dinge om te sien en vriendelike mense."
"Mens moet dit ten minste eenkeer besoek. Die dorp het statige ou geboue en die Vallei van Verlatenheid is op die drumpel. Dit beskik oor noodsaaklike aankoopgeriewe. Ons ervaar dit as 'n aangename oornagtuiste op pad na ons bestemming."
"Die kerk en die museum is 'n moet-kyk. Die Die Ketel Koffie Huis en tuisnywerheid is ook 'n treat."