Resensies van Klawer

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klawer bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.98 uit 5 gekry volgens 91 resensies.
Angelique G. - 4th October 2021
staying in Klawer
Nee
Prof Lourie T. - 18th September 2021
staying in Klawer
Baie sentrale ligging om as basis te dien vir blommekykers.
Jacobus B. - 16th September 2021
staying in Klawer
'n Mooi dorpie wat goed geleë is op die N7! Daar is ook natuurlik die Klawer Wynkelders. Dit was ook veilig gewees om te gaan stap!
Charles L. - 14th September 2021
staying in Klawer
Baie vriendelik ontvang.
Bertus G. - 10th September 2021
staying in Klawer
Baie warm, lekkerste wyne, sout-van-die-aarde-mense en rustige afskakeldorp. Ons geniet Klawer elke keer meer en meer.
Jan L. - 7th September 2021
staying in Klawer
Baie goed.
Dave D. - 5th September 2021
staying in Klawer
Suitable for one night stay.
Gert M. - 5th September 2021
staying in Klawer
Was beïndruk met die Klawer Kelder. Het beter wyne gekry as wat ek verwag het. Lekker geëet in Hotel se Restaurant.
Peet D. - 29th August 2021
staying in Klawer
Gerieflike ligging as jy wil gaan blommekyk.
Mana W. - 20th August 2021
staying in Klawer
Vir blommekyk kan jy van Klawer af maklik alle punte bereik en as dit bewolk is en die blomme gaan nie oop nie, is daar genoeg plekke om heen te ry, lekker te eet en ons land en boerdery omgewings beter te leer ken.
Hendrieka K. - 18th August 2021
staying in Klawer
Goed. Sentraal vir 'n paar dae se wegbreek.
Louise J. - 14th August 2021
staying in Klawer
Ons was net vinnig daar deur. Eetplekke was net baie beperk.
Marinda L. - 11th August 2021
staying in Klawer
Die blomme in die omgewing was mooi en Klawer-wynkelders is pragtig, maar die dorpie Klawer is erg verwaarloos.
Liesl D. - 2nd August 2021
staying in Klawer
Klawer is pragtig in die blommeseisoen. Sou graag Klawer Kelders wou besoek, maar dit was nie op 'n Sondag oop nie.
Edwin G. - 5th April 2021
staying in Klawer
Dorp self is soos baie ander klein dorpies nie gerat vir toerisme nie, maar Klawer het 'n netjiese Engen met 'n skoon Wimpy. Naby goeie kelders en interessante grondpaaie.
Lucille D. - 15th February 2021
staying in Klawer
Wonderlike plek.
George N. - 9th February 2021
staying in Klawer
Die pragtigste kleine dorpie met die mooiste omliggende plase wat spesialiseer aan uitvoerdruiwe sowel as wyndruiwe. En anderlike groente en vrugte is ook daar. Te pragtig!
George N. - 1st February 2021
staying in Klawer
Die dorp Klawer is lekker klein. Die mense daar het goeie menslike gesindhede. Die omliggende wynplase verskaf 'n baie mooi uitsig oor die dorp en sy geskiedenis. Ek sal definitief weer binnekort 'n draai daar maak.
Ben F. - 26th December 2020
staying in Klawer
Oasis met wonderlike oornagverblyf. Dorp self het geen toerisme aktiwiteite nie.
Antoinette S. - 10th November 2020
staying in Klawer
Mal oor die ongewone en sy mense.
Andrew B. - 12th October 2020
staying in Klawer
Very clean and quiet.
Philip S. - 7th October 2020
staying in Klawer
Mooi area om te reis.
Ivan L. - 5th October 2020
staying in Klawer
Klawer is een van my gunsteling plekke. Ek kuier al die afgelope 11jaar gereeld in Klawer. Ek sal baie beslis weer by Lemoenkloof kuier.
Anna-marie A. - 21st September 2020
staying in Klawer
In die blommeseisoen is dit net mooi bereikbaar vanaf die Kaap vir 'n eerste oornag. Ook naby die ongelooflik mooi Sederberge.
. - 21st January 2020
staying in Klawer
Klawer is die tyd van die jaar in sy glorie, ryk aan druiwe, dit lyk asof ons in 'n ver land was, tog is ons net van Vredendal. Lekker Klawer.
. - 30th August 2019
staying in Klawer
Klawer is a very small town but a convenient stay over going to the North.
. - 28th August 2019
staying in Klawer
Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig.
. - 26th August 2019
staying in Klawer
Mooi skoon dorpie.
. - 26th August 2019
staying in Klawer
Daar is nie veel in Klawer te sien of te doen nie, maar gelukkig is daar dorpies soos Vredendal in die nabye omgewing wat meer bied in die vorm van restaurante, ens.
. - 12th August 2019
staying in Klawer
Lieflike Dorp. Sal beslis weer daar gaan toer.
. - 31st July 2019
staying in Klawer
Ons het heerlike aandete geniet by Klawer Hotel. En Stefan het 'n direkte lyn na die lekkerste skuinskoek wat ek nog ooit geproe het.
. - 30th July 2019
staying in Klawer
Ek wens ek kon langer bly.
. - 20th May 2019
staying in Klawer
This little town and its surroundings has got some hidden treasures worth exploring.
. - 3rd April 2019
staying in Klawer
Klawer se dorp is nie 'n plek om oor opgewonde te raak, maar die One-Stop vulstasie, padstal en wynplaas bly 'n wenner en 'n goeie plek om te stop.
. - 14th January 2019
staying in Klawer
Pragtige en rustige dorp.
. - 7th January 2019
staying in Klawer
They should be more activities in the area for families to do while on holiday.
. - 28th November 2018
staying in Klawer
Daar is nie veel om te doen in Klawer self nie, dis maar ‘n klein plekkie, maar ons het ‘n heerlike “Rooibos & wine pairing” gedoen by Klawer Wynkelder wat ons definitief sal aanbeveel. Ons het uitgery na die omliggende dorpies waar daar oorgenoeg was om te doen. Ons het die area baie geniet en Klawer is ‘n lekker middelpunt tussen Clanwilliam en Vredendal.
. - 1st October 2018
staying in Klawer
Netjiese dorpie. Lekker Wimpy-ontbyt voor mens weer die pad vat.
. - 25th September 2018
staying in Klawer
Goeie plek om te slaap as jy blomme gaan kyk of net 'n rustige wegbreek van die geraas van die stad af wil hê. Lekker wynplase in die omgewing om te verken.
. - 12th September 2018
staying in Klawer
Mooi plek en mense vriendelik.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]