Geverifieerde Resensie

Komatipoort

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Komatipoort bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 104 resensies.

Komatipoort

Trees Too Guest Lodge

"Dit is 'n ou dorpie, mense moet nie te veel verwag nie. Maar 'n baie lekker plekkie om te besoek."

Komatipoort

Komati Friends

"Nie veel eetplekke oop op 'n Sondagaand nie. Tref maar vroegtydig voorsorg."

Komatipoort

Ecolux Boutique Hotel

"Baie naby die Kruger Nasionale Park en die Mosambiekse grens. Top ligging."

Komatipoort

Meerkat Manor

"Op die oog af sal 'n mens nie dink daar is sulke eksklusiewe plekkies in Komatipoort nie. Ons was regtig verras. Baie dankie aan almal se vriendelikheid."

Komatipoort

Boomhuisie

"'n Dorpie op die grens en alles wat mens wil hê is daar!"

Komatipoort

Komati Guest House

"Komatipoort is baie stil en rustig, maar beslis naby genoeg aan toeristeaantreklikhede. "

Komatipoort

Big Fish Eagle Lodge

"Gaan niks in die dorp aan nie, maar baie naby aan croc brug hek."

Komatipoort

Tambarina Guesthouse

"Wonderlik geleë met toerisme altyd in gedagte. Elke person wat jy met kommunikeer is vriendelik en behulpsaam. Die omgewing is asemrowend mooi."

Komatipoort

Big Fish Eagle Lodge

"Besoekers uit die stad moet net in ag neem dat die Spar en Checkers nie na 18:00 oop is nie. Gerieflike oorslaap vir die grens en Kruger Wildtuin. Goedkoop diesel ook beskikbaar by die depot."

Komatipoort

Komati Friends

"Secure little place with everything one needs to take a break from the hustle and bustle of city living. "

Komatipoort

Komati River Chalets

"Definitief 'n moet vir mense wat bietjie wil gaan tiervis vang, ook baie naby aan die Kruger wildtuin. "

Komatipoort

Meerkat Manor

"Te veel honde wat snags blaf, maar dis wat mens kan verwag as mens in 'n dorp tuis gaan."

Komatipoort

Meerkat Manor

"Dis die ideale ligging omdat dit naby aan die grens is en naby die wildtuin."

Komatipoort

Tambarina Guesthouse

"Geniet die omgewing terdee net jammer dinge is nie baie wel in Marloth Park nie."

Komatipoort

Tambarina Guesthouse

"Pragtige area met inwoners wat dit spesiaal maak."

Komatipoort

Komati Friends

"Nie veel te sien of te doen. Naby om oor te slaap as mens Wildtuin toe wil gaan of Mosambiek toe."

Komatipoort

Villa Royal Palm Guest House & Self-Catering

"Hartseer dat daar geen restuarante oop was op Sondae nie (veral oor 'n langnaweek)."

Komatipoort

Big Fish Eagle Lodge

"Dit is 'n pragtige omgewing. Wonderlik!"

Komatipoort

Resting Place

"Komatipoort is 'n veelsydige bestemming vir 'n besoek aan Krugerewildtuin, Swaziland, Mosambiek, asook Komatipoort-omgewing."

Komatipoort

Meerkat Manor

"Puik toeristebestemming - naby Krugerwildtuin en Mosambiek."

Komatipoort

Resting Place

"Sommige gastehuise kan bietjie meer borde opsit. Dis soms moeilik om plekke te kry. Veral as 'n mens eers na donker in die dorp aankom. Maak seker om alle belangrike goed in te pak, want die winkels maak vroeg toe/het nie - moes Malelane toe ry vir kos, ens. "

Komatipoort

Resting Place

"Die dorp is baie vuil, rommel lê die hele hoofstraat vol, die paaie is vol slaggate. 'n Besoek aan die wildtuin laat jou gelukkig gou vergeet en maak dit die moeite werd. "

Komatipoort

Boomhuisie

"Baie goed geleë vir die Mosambiek grens asook vir die Wildtuin. Ook naby heerlike eetplekke."

Komatipoort

Komati River Chalets

"Superb in every respect."

Komatipoort

Trees Too Guest Lodge

"Nie tyd gehad om te verken nie, maar daar is 'n redelike winkelsentrum met 'n groot Spar, naby aan grenspos na Mosambiek asook nie te ver van Swaziland grens af nie."

Komatipoort

Komati Guest House

"Goed geplaas vir KNP en MZ toegang vroegoggend."

Komatipoort

Orchards Farm Cottages

"Ek is al jare verlief op Komatipoort en by verskeie plekke oornag maar Orchads is die paradys van Komatipoort."

Komatipoort

Acasia Guest Lodge

"Vanuit Komatipoort kan je ook naar het Krugerpark. Informeer ernaar bij de eigenaar van de lodge."

Komatipoort

Orchards Farm Cottages

"Komatipoort is altyd een van ons gunstelinge."

Komatipoort

Komati River Chalets

"It was a perfect spot for driving to Mozambique and Swaziland."

Blad
Blad 3 - Wys 61 tot 90
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem